Thursday, 01 September 2011

1 September

Gebeure

1788 – Die Maria Luisa begin haar roete na Kaapstad onder die VOC se nuut ingestelde posdiens. Die kaptein was A.F. Steffers.

1836 – Die kunstenaar, William Harris begin sy ekspedisie van Kaapstad na die Wes Transvaal en Magaliesberg.

1853 – Die wêreld se eerste driehoekige seël word uit gereik in die Kaap.

1873 – Cetshwayo bestyg die troon van die Zoeloe nasie na sy pa, Mpande se afsterwe. Hy word names koningin Victoria deur Sir Theophilus Shepstone, Britse sekretaris van naturellesake gekroon.

1879 – Die Britte sluit ’n vredesverdrag met die Zoeloes.

1900 – Die Zuid-Afrikaansche Republiek word deur Brittanje geannekseer na die Slag van Dalmanutha. Dit word gedokumenteer in Proklamasie 14 van 1900.

1901 – Generaal Kemp glip tussen Methuen X-as en Hickie deur by Roodewal.

1904 – Die Zuid Afrikaansche Christelike Vrouwen-vereeniging, die voorloper van die ACVV word deur Elizabeth Roos gestig.

1908 – Holland en Engels word gelykgestel as voertaal in die Vrystaatse Onderwyswet.

1913 – Die eerste posseëls vir die Unie van Suid-Afrika verskyn en beeld George V uit.

1978 – Beheer van die Buro van Nasionale en Internasionale Kommunikasie word verplaas na die Departement van Buitelandse Sake.

1980 – Dr. Andries P. Treurnicht word eenparig herverkies tot leier van die Nasionale Party in die Transvaal.

1981 – Die Suid-Afrikaanse weermag beken dat ’n Sowjet-soldaat by ’n SWAPO-vesting in Angola gevange geneem is.

1987 – Die Arbeidersparty leier, Eerwaarde Allan Hendrickse versoek President Pieter Willem (P. W.) Botha dat die Groepsgebiedewet afgeskaf moet word om onderhandelings te bewerkstellig.

1990 – Die Goldstone Kommissie se verslag oor skietvoorvalle in Sebokeng op 26 Maart 1990 word bekendgemaak.

1998 - Die “Finance Week” word deur Naspers gekoop.

2004 – Die Sasol raffinadery in Secunda ontplof.

Geboortes

1845 – Paul Sanford Methuen, Engelse veldmaarskalk en latere goewerneur van Natal by Corsham House, Wiltshire, Engeland.

1919 – Ossie Dawson, krieketspeler in Durban.

1935 – Sheugnet Buys, skrywer in die Vrystaat.

1947 – De Wet van Rooyen, bariton.

1952 – Nakedi Mathews Phosa, voormalige Premier van Mpumalanga en digter in Bosbokrand.

Sterftes

 

 

Stuur asseblief die e-pos na al jou vriende en kennise.  Teken gerus in op die blog en help my om ons geskiedenis behoue te hou.                   

Het ek dalk iets gemis op vandag se datum?  Stuur vir my die besonderhede, ek sal graag dit byvoeg.                   

Volg gerus my Twitter rekening waar ek internationale geskiedenis brokkies ook deel: @ludibotha.                   

Ek soek ook altyd na ou geskiedenis boeke en ou geskiedenis skool handboeke.  As enigeen kan help, laat my weet.

Technorati Tags: ,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,

No comments:

Post a Comment