Tuesday, 27 September 2011

27 September

Gebeure

1666 – Cornelius van Quaelbergen word as kommandeur van die Kaap aangestel. Hy vervang Zacharias Wagenaer.

1672 – Die Slawehandel monopolie in Afrika word aan ’n Britse maatskappy toegeken.

1886 – Kidger Tucker word deur Henry Brown versoek om ’n residensiële area vir Johannesburg te beplan. Marchalltown sou die resultaat daarvan wees en dit maak die area die oudste gedeelte van Johannesburg.

1899 – Die Republiek van die Oranje-Vrystaat versoek die Zuid Afrikaansche Republiek om ’n vreedsame oplossing te soek vir oorlog. As dit nie slaag nie sal hulle hul belofte nakom en die ZAR in oorlog bystaan.

1899 – Die Zuid Afrikaansche Republiek roep die Republikeinse Burger mag op.

1900 – Pelgrims Rust word deur Lord Dundonald beset.

1900 – Die Konsentrasiekampe word offisieel deur Lord Roberts goedgekeur.

1963 – Die Minister van Buitelandse sake vir Denemarke sê in ’n toespraak aan die Verenigde Nasies Algemene Vergadering dat die Skandinawiese Minister van Buitelandse Sake ’n uitnodiging deur Dr. Verword van Suid-Afrika geweier het.

1966 – Die Verenigde Nasies Algemene Vergadering stem met 114 stemme teen twee (Suid-Afrika en Portugal) en drie lande wat nie stem nie (Brittanje, Frankryk en Malawi) om Suid-Afrika se mandaat om Suidwes-Afrika te bestuur te kanselleer en dit oor te laat aan die Verenigde Nasies.

1968 – Eerste-minister John Vorster sê dat Suid-Afrika Nieuw Zeeland se rugbyspan wat Maori’s in het verwelkom.

1976 – Die Disa, ’n vistreiler sink naby Groenpunt, Kaapstad en kos tien menselewens.

1977 – Die SA Vaal vertrek vir die laaste keer uit Tafelbaai na Engeland.

1978 – ’n Parlementêre ondersoek vind dat daar geen ongeruimdhede in die boeke van die Departement van Informasie te vinde is nie. Hulle doen egter steeds verdere ondersoeke om te bepaal of enigiemand finansieel baat gevind het by hulle optrede.

1979 – Minister van Gemeenskaplike Ontwikkeling, Marais Steyn, kondig aan dat restaurante hulleself kan oopstel aan alle rassegroepe sonder om aansoek te doen vir ’n spesiale permit.

1987 – ’n Britse koerant doen verslag van ’n hewige bakleiery tussen die Angolese regering en UNITA end at Suid-Afrika daaraan deelneem.

1987 – Oliver Tambo, president van die ANC ontken dat hy in samesprekinge met die Suid-Afrikaanse Regering gewikkel is.

1989 – In wat gesien word as die grootste verset veldtog deur Oos-Londen en die res van Suid-Afrika tot nog toe kom Oos-Londen tot stilstand toe 40 000 mense deur die stad marsjeer.

1990 – Chris Hani se vrywaring word verleng tot jaareinde na Nelson Mandela by die Suid-Afrikaanse regering pleit.

1991 – Die Verenigde State van Amerika se regering besluit om vir die ANC R12,5 miljoen en Inkatha R7 miljoen te gee.

1991 – Die eerste Turkse Konsul-Generaal begin in Suid-Afrika werk.

1991 – Die Verbod op Protesaksie naby hofgeboue nommer 10 tree inwerking.

1992 – Die ANC en die Regering bereik ’n kompromie by hulle vergaderings in Johannesburg.

1992 – IVP Leier, Hoofman Mangosutho Buthelezi waarsku dat ooreenkomste gesluit tussen die ANC en die Regering onregmatig is en dat Zoeloes steeds tradisionele wapens sal dra.

1999 – Ses en Twintig bejaarde Britse toeriste en ’n Suid-Afrikaanse toergids sterf in ’n padongeluk naby Lydenburg op die Long Tom-Pas.

2004 - Volgens Alex Holmes, die voorsitter van die Suid-Afrikaanse Wapen en Ammunisie Handelaars Vereniging het vyf wapenhandelaars bankrot gespeel sedert die eerste Julie en dat geen wettige wapens sedert dieselfde datum verkoop is nie. Hy sê verder dat tot 15 000 werkgeleenthede verloor kan word as gevolg van die nuwe Wapen Beheer wet wat in Julie van die jaar ingestel is.

2006 – Minister van Veiligheid en Sekuriteit, Charles Nqakula sê dat Suid-Afrika nou veiliger is as in die verlede en dat die toekoms rooskleuriger lyk as tans.

2006 – Bets Prinsloo van Kromdraai, Limpopo word gemartel deur haar voetsole te brand met ’n kers. Sy word op die kop geslaan met ’n hamer en verskeie kere in die been gesteek met ’n mes.

2006 – Joggie Prinsloo van Kromdraai, Limpopo en Bets Prinsloo se man se hande en keel word met draad vasgebind en gemartel terwyl hulle huis geplunder word.

2006 – Dingaan Thobela, boks held ontsnap net-net uit ’n kaping voorval waarna hy die 1011 nood nommer skakel. Hulle vertel hom om ’n ander nommer te bel.

2006 – Twee mans word skuldig bevind vir barbaarse gedrag en moord op Makgabo Matlala, die vierjarige kleindogter van Transvaal Regter Bernard Nqoepe en die verkragting van ’n huishulp.

2006 – Statistieke toon dat daar ongeveer 150 verkragtings plaasvind in Suid-Afrika per dag en dat kapings met 75% toegeneem het.

2006 – Andre P. Brink, Ryk Neethling, Roland Schoeman, Oscar Pistorius, Thandi Klaasen, oorlede Alan Paton, Hoofman Bambatha en 21 ander word met die land se hoogste eer beloon deur President Thabo Mbeki.

Geboortes

1862 – Generaal Louis Botha, soldaat en politikus naby Greytown, Natal.

1893 – Johannes Scheepers, stigterslid van die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) en sekretaris van die Ossewatrek in 1938 in Middelburg, Transvaal.

1911 – Brian Brooke, stigter van Suid-Afrika se eerste professionele Engelse teater geselskap in Sabie.

Sterftes

1965 – Dr. Margaret Roach (Killie) Campbell, versamelaar van Afrikana in Durban.

1998 – Judge Jefferys, atleet in ’n motorongeluk in Amanzimtoti.

2005 – Brett Kebble, mynmagnaat in ’n sluipmoord buite sy huis in Melrose, Johannesburg.

 

Stuur asseblief die e-pos na al jou vriende en kennise.  Teken gerus in op die blog en help my om ons geskiedenis behoue te hou.                   

Het ek dalk iets gemis op vandag se datum?  Stuur vir my die besonderhede, ek sal graag dit byvoeg.                   

Volg gerus my Twitter rekening waar ek internationale geskiedenis brokkies ook deel: @ludibotha.                   

Ek soek ook altyd na ou geskiedenis boeke en ou geskiedenis skool handboeke.  As enigeen kan help, laat my weet.

Technorati Tags: ,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,

Windows Live Tags: September,Gebeure,Cornelius,Quaelbergen,word,Kaap,Zacharias,Wagenaer,Slawehandel,Afrika,Britse,Kidger,Tucker,Henry,Brown,area,Johannesburg,Marchalltown,Republiek,Oranje,Vrystaat,Zuid,Afrikaansche,Republikeinse,Burger,Pelgrims,Rust,Lord,Dundonald,Konsentrasiekampe,Roberts,Minister,Buitelandse,Denemarke,Verenigde,Nasies,Algemene,Skandinawiese,Sake,Verword,Suid,Portugal,Brittanje,Frankryk,Malawi,Suidwes,Eerste,John,Vorster,Nieuw,Zeeland,Maori,Disa,Groenpunt,Kaapstad,Vaal,Tafelbaai,Engeland,Parlementêre,Departement,Informasie,Hulle,Gemeenskaplike,Marais,Steyn,Angolese,UNITA,Oliver,Tambo,president,Afrikaanse,Londen,Chris,Hani,Nelson,Mandela,State,Amerika,Inkatha,Turkse,Konsul,Generaal,Verbod,Protesaksie,tree,Leier,Hoofman,Mangosutho,Buthelezi,Zoeloes,Twintig,Lydenburg,Long,Volgens,Alex,Holmes,Wapen,Ammunisie,Handelaars,Julie,Beheer,Veiligheid,Sekuriteit,Charles,Nqakula,Prinsloo,Kromdraai,Limpopo,Joggie,Dingaan,Thobela,Twee,Makgabo,Matlala,Transvaal,Regter,Bernard,Nqoepe,Statistieke,Andre,Brink,Roland,Schoeman,Oscar,Pistorius,Thandi,Klaasen,Alan,Paton,Bambatha,Thabo,Mbeki,Geboortes,Louis,Botha,Greytown,Natal,Johannes,Scheepers,Federasie,Kultuurvereniginge,Ossewatrek,Middelburg,Brian,Engelse,Sabie,Sterftes,Margaret,Roach,Killie,Campbell,Afrikana,Durban,Judge,Jefferys,Amanzimtoti,Brett,Kebble,Melrose,Stuur,Teken,Volg,Twitter,deur,versoek,soek,oorlog,laat,naby,daar,boeke,doen,steeds,tussen,miljoen,nommer,wapens,sedert,datum,gemartel,huis,ander,gerus,geskiedenis

WordPress Tags: September,Gebeure,Cornelius,Quaelbergen,word,Kaap,Zacharias,Wagenaer,Slawehandel,Afrika,Britse,Kidger,Tucker,Henry,Brown,area,Johannesburg,Marchalltown,Republiek,Oranje,Vrystaat,Zuid,Afrikaansche,Republikeinse,Burger,Pelgrims,Rust,Lord,Dundonald,Konsentrasiekampe,Roberts,Minister,Buitelandse,Denemarke,Verenigde,Nasies,Algemene,Skandinawiese,Sake,Verword,Suid,Portugal,Brittanje,Frankryk,Malawi,Suidwes,Eerste,John,Vorster,Nieuw,Zeeland,Maori,Disa,Groenpunt,Kaapstad,Vaal,Tafelbaai,Engeland,Parlementêre,Departement,Informasie,Hulle,Gemeenskaplike,Marais,Steyn,Angolese,UNITA,Oliver,Tambo,president,Afrikaanse,Londen,Chris,Hani,Nelson,Mandela,State,Amerika,Inkatha,Turkse,Konsul,Generaal,Verbod,Protesaksie,tree,Leier,Hoofman,Mangosutho,Buthelezi,Zoeloes,Twintig,Lydenburg,Long,Volgens,Alex,Holmes,Wapen,Ammunisie,Handelaars,Julie,Beheer,Veiligheid,Sekuriteit,Charles,Nqakula,Prinsloo,Kromdraai,Limpopo,Joggie,Dingaan,Thobela,Twee,Makgabo,Matlala,Transvaal,Regter,Bernard,Nqoepe,Statistieke,Andre,Brink,Roland,Schoeman,Oscar,Pistorius,Thandi,Klaasen,Alan,Paton,Bambatha,Thabo,Mbeki,Geboortes,Louis,Botha,Greytown,Natal,Johannes,Scheepers,Federasie,Kultuurvereniginge,Ossewatrek,Middelburg,Brian,Engelse,Sabie,Sterftes,Margaret,Roach,Killie,Campbell,Afrikana,Durban,Judge,Jefferys,Amanzimtoti,Brett,Kebble,Melrose,Stuur,Teken,Volg,Twitter,deur,versoek,soek,oorlog,laat,naby,daar,boeke,doen,steeds,tussen,miljoen,nommer,wapens,sedert,datum,gemartel,huis,ander,gerus,geskiedenis

Blogger Labels: September,Gebeure,Cornelius,Quaelbergen,word,Kaap,Zacharias,Wagenaer,Slawehandel,Afrika,Britse,Kidger,Tucker,Henry,Brown,area,Johannesburg,Marchalltown,Republiek,Oranje,Vrystaat,Zuid,Afrikaansche,Republikeinse,Burger,Pelgrims,Rust,Lord,Dundonald,Konsentrasiekampe,Roberts,Minister,Buitelandse,Denemarke,Verenigde,Nasies,Algemene,Skandinawiese,Sake,Verword,Suid,Portugal,Brittanje,Frankryk,Malawi,Suidwes,Eerste,John,Vorster,Nieuw,Zeeland,Maori,Disa,Groenpunt,Kaapstad,Vaal,Tafelbaai,Engeland,Parlementêre,Departement,Informasie,Hulle,Gemeenskaplike,Marais,Steyn,Angolese,UNITA,Oliver,Tambo,president,Afrikaanse,Londen,Chris,Hani,Nelson,Mandela,State,Amerika,Inkatha,Turkse,Konsul,Generaal,Verbod,Protesaksie,tree,Leier,Hoofman,Mangosutho,Buthelezi,Zoeloes,Twintig,Lydenburg,Long,Volgens,Alex,Holmes,Wapen,Ammunisie,Handelaars,Julie,Beheer,Veiligheid,Sekuriteit,Charles,Nqakula,Prinsloo,Kromdraai,Limpopo,Joggie,Dingaan,Thobela,Twee,Makgabo,Matlala,Transvaal,Regter,Bernard,Nqoepe,Statistieke,Andre,Brink,Roland,Schoeman,Oscar,Pistorius,Thandi,Klaasen,Alan,Paton,Bambatha,Thabo,Mbeki,Geboortes,Louis,Botha,Greytown,Natal,Johannes,Scheepers,Federasie,Kultuurvereniginge,Ossewatrek,Middelburg,Brian,Engelse,Sabie,Sterftes,Margaret,Roach,Killie,Campbell,Afrikana,Durban,Judge,Jefferys,Amanzimtoti,Brett,Kebble,Melrose,Stuur,Teken,Volg,Twitter,deur,versoek,soek,oorlog,laat,naby,daar,boeke,doen,steeds,tussen,miljoen,nommer,wapens,sedert,datum,gemartel,huis,ander,gerus,geskiedenis

No comments:

Post a Comment