Wednesday, 31 August 2011

31 Augustus

Gebeure

1871 – Basoetoland verenig met die Kaapkolonie.

1896 – Die goewerneur van die Kaap, Sir Hercules Robinson keer terug na Brittanje as die Baron Rosmead.

1918 – Dr. D. F. Malan, gedurende ’n vergadering in Malmesbury, versoek onafhanklikheid vir Suid-Afrika.

1924 – Die Kaapse Korps gedenkteken vir die Eerste Wêreldoorlog in Kaapstad word deur Generaal J. C. Smuts ingewy.

1929 – Messina en Beitbrug word met ’n spoorlyn verbind.

1940 – J. B. M. Hertzog se vredes mosie word deur die Suid-Afrikaanse parlement verwerp.

1977 – Walvisbaai in Suidwes-Afrika se administrasie word na Kaapland verplaas. Die Verenigde Nasies (VN) sien dit as ’n anneksasie poging.

1979 – Eerste minister Pieter Willem (P.W.) Botha besoek Soweto.

1981 – Suid-Afrika word gekritiseer deur die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad vir sy aanvalle in Angola.

1988 – Die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke hoofkwartier, Khotso-huis word gebom. 18 mense is beseer en die gebou erg beskadig.

1989 – Vyf dae voor die verkiesing vind protes optogte plaas in wat bekend sou staan as die “Day of Rage” omdat net blankes in die verkiesing kan stem.

1990 – President Frederick Willem (F. W.) de Klerk stel die Natalse NP-Kongres oop vir alle rasse.

1990 – Die vyf jaar lange huur boikot in Soweto kom op 'n end en inwoners stem in om huur en dienslewering te betaal.

2001 – Die wêreld konferensie oor rassisme begin in Durban.

Geboortes

1825 – William Ayliff, boer en politikus in Grahamstad.

1957 – Rachelle Greef, joernalis en skrywer in Bellville.

Sterftes

1980 – Chris Burger, Westelike Provinsie heelagter sterf na hy sy nek in ’n rugnywedstryd gebreek het in Bloemfontein.

1990 – Johnny Lindsay, krieketspeler in Benoni.

Stuur asseblief die e-pos na al jou vriende en kennise.  Teken gerus in op die blog en help my om ons geskiedenis behoue te hou.                   

Het ek dalk iets gemis op vandag se datum?  Stuur vir my die besonderhede, ek sal graag dit byvoeg.                   

Volg gerus my Twitter rekening waar ek internationale geskiedenis brokkies ook deel: @ludibotha.                   

Ek soek ook altyd na ou geskiedenis boeke en ou geskiedenis skool handboeke.  As enigeen kan help, laat my weet.

Technorati Tags: ,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,

Tuesday, 30 August 2011

30 Augustus

Gebeure

1882 – Die London Times besing die lof van Koning Sekhukhune van die Marota Ryk / Bapedi Koninkryk in ’n artikel. Hulle noem hom ’n brawe leier in ’n bloeddorstige tyd in Suid-Afrika.

1888 – Die Rosebud, op pad na Londen van Calcutta af strand by Diaz Strand, Mosselbaai.

1900 – Generaal Ben Viljoen en sy boere mag laat die om en by 2000 laaste Britse krygsgevangenes by Nooitgedagt vry.

1950 – Daar word ses lede, almal van die Nasionale Party (NP) tot die Volksraad verkies uit Suidwes-Afrika.

1963 – Eerste minister H. F. Verwoerd kondig aanvoor die Hooggeregshof in Kaapstad dat Dr. Kennith Abrahams en drie ander “South West African People’s Organization” (SWAPO) goedgesindes, Hannes Beukes inkluis, terug besorg sal word aan die Bechuanaland Protektoraat, nou Botswana.

1979 – Dr. Connie Mulder word vrygespreek en ontslaan van klagtes van minagting.

1988 – Suid-Afrikaanse troepe onttrek aan Angola.

1988 – Die omstrede Groepsgebiedewet kom onder kruisvuur deur President Pieter Willem (P. W.) Botha wat opdrag gee dat die Raad van Afgevaardigdes en die Raad van Verteenwoordigers voor 17 Oktober van die jaar tot stemming moet kom.

1993 – Ekonomiese sanksies teen Suid-Afrika word deur die Organisasie vir Afrika-eenheid opgehef.

Geboortes

1910 – Roger Joyce Bushnell, Suid-Afrikaanse RAF offisier en oorlogs gevangene in Springs.

1943 – Bonsile John Kani, akteur in New Brighton.

1962 – Nataniël le Roux (Nataniël), kabaretkunstenaar.

1966 – John Moeti, sokkerspeler in Soweto.

1971 – Maluzi Gigaba, voormalige ANC-Jeugleier en jongste voormalige kabinet minister van Binnelandse Sake in Eshowe, Natal.

Sterftes

Stuur asseblieg die e-pos na al jou vriende en kennise.  Teken gerus in op die blog en help my om ons geskiedenis behoue te hou.                   

Het ek dalk iets gemis op vandag se datum?  Stuur vir my die besonderhede, ek sal graag dit byvoeg.                   

Volg gerus my Twitter rekening waar ek internationale geskiedenis brokkies ook deel: @ludibotha.                   

Ek soek ook altyd na ou geskiedenis boeke en ou geskiedenis skool handboeke.  As enigeen kan help, laat my weet.

Monday, 29 August 2011

29 Augustus

Gebeure

1688 – Die Here Sewentien laat die predikant, Pierre Simond toe om aan te sluit by die Hugenote aan die Kaap.

1848 – Die Britse Goewerneur, Sir Harry Smith en sy Britse mag verslaan Andries Pretorius en sy Voortrekkers by die Slag van Boomplaats.

1900 – Die Hoeksteen word gelê van die Stadsaal van Kaapstad deur Burgemeester Thomas Ball. Die Stadsaal is ontwerp deur Johannesburgse argitekte Reid en Green.

1901 – Lord Kitchener se versoek om krygswet oor die Kaapse Hawens af te kondig word deur die Kaapse Kabinet geweier.

1917 – Die Helpmekaarfonds word deur J. E. (Oom Japie Helpmekaar) de Villiers van die Paarl aan die lewe geroep. Hy doen dit deur ’n brief te skryf aan Die Burger (wat op 3 September verskyn) en beloof R500,00.

1976 – Eerste minister Balthazar Johannes (John) Vorster erken in ’n toespraak dat Suid-Afrika ekonomiese en internasionale probleme het maar dat dit nie ’n krisis is nie.

1987 – ’n Suid-Afrikaanse renperd word weens anti-apartheid druk op die Nieu-Seelandse regering gedeporteer.

1988 – Studente aan die Universiteit van Durban-Westville boikot lesings en die wat wel opdaag vir lesings gaan gewapen. Dit was as gevolg van spanning tussen die “Azanian Students Movement” (AZASM) en die Studenteraad wat hoofsaaklik “South African National Students Congress” (SANSCO) lede was.

1994 – Suid-Afrika word ’n lid van die “Southern African Development Community” (SADC).

Geboortes

1795 – Dr., Abraham Fauré, stigter van Die Kerkbode in Stellenbosch.

1904 – Ernst Mancoba, kunstenaar in Turffontein.

1964 – Steve Hofmeyr, sanger, akteur en televisie persoonlikheid in Pretoria.

Sterftes

Stuur asseblieg die e-pos na al jou vriende en kennise.  Teken gerus in op die blog en help my om ons geskiedenis behoue te hou.                   

Het ek dalk iets gemis op vandag se datum?  Stuur vir my die besonderhede, ek sal graag dit byvoeg.                   

Volg gerus my Twitter rekening waar ek internationale geskiedenis brokkies ook deel: @ludibotha.                   

Ek soek ook altyd na ou geskiedenis boeke en ou geskiedenis skool handboeke.  As enigeen kan help, laat my weet.

Sunday, 28 August 2011

28 Augustus

Gebeure

1499 – Vasco da Gama se vaart om die Kaap die Goeie Hoop na Indië eindig suksesvol in Lisabon.

1833 – Slawerny word in die hele Britse Ryk verbied deur die Britse parlement en gevolglig in Suid-Afrika ook.

1842 – Die Abercrombie Robinson strand by die mond van die Soutrivier. Almal oorleef.

1842 – Die Waterloo dryf aan wal in Tafelbaai en ongeveer 200 mense verdrink.

1875 – Die nuwe Luitenant-Goewerneur van Natal, Henry Bulwer daag daar op.

1979 – Slag van Ulundi: Die Zulu koning Cetshwayo word die Britte gevange geneem en die Zulu krygers verslaan.

1900 – Nelspruit word nie nuwe hoofstad van die Zuid-Afrikaanche Republiek.

1901 – Generaal Louis Botha se plaas, Waterval word vernietig onder die Britse Verskroeide Aarde beleid.

1902 – Die Koloniale Kommissie van Ondersoek na die krygswet word aangekondig deur Dr. Leander Starr Jameson in Kaapstad.

1919 – Generaal John Smuts word Premier van Suid-Afrika.

1987 – Strenger pers beperkinge word bekend gestel onder die vaandel van die verklaarde noodtoestand.

1989 – Waarnemende staatspresident Frederick Willem (F.W.) de Klerk ontmoed die Zambiese President Kenneth Kaunda om die vredesverdrag van Angola te bespreek.

1991 – Die privaat sektor in Suid-Afrika skenk kosvoorraad aan Moskou ter waarde van R100 000,00. (Omtrent 12 Ton)

Geboortes

1748 – Tjaart van der Walt, derde grensoorlog held in Roggeveld, Sutherland.

1878 – Maria Elizabeth Rothman (M.E.R), Suid-Afrikaanse outeur in Swellendam.

1890 – George Cary Hobson, Afrikaanse skrywer in Graaff-Reinett.

1908 – Eli Weinberg, unie lid en fotograaf in Libau, Latvia.

1923 – William Modisane, skrywer en akteur in Sophiatown, Johannesburg.

1929 – Ken Gampu, akteur in Germiston.

1960 – Christo Ferreira, rugbyspeler

1969 – Nthati Moshesh, aktrise in Katlehong, Oos-Rand.

1977 – Rowan Cloete, akteur en televisie aanbieder.

Sterftes

1982 – Geoffrey Walter Ashton (Geoff) Chubb, krieketspeler in Oos-Londen.

Stuur asseblieg die e-pos na al jou vriende en kennise.  Teken gerus in op die blog en help my om ons geskiedenis behoue te hou.                   

Het ek dalk iets gemis op vandag se datum?  Stuur vir my die besonderhede, ek sal graag dit byvoeg.                   

Volg gerus my Twitter rekening waar ek internationale geskiedenis brokkies ook deel: @ludibotha.                   

Ek soek ook altyd na ou geskiedenis boeke en ou geskiedenis skool handboeke.  As enigeen kan help, laat my weet.

Saturday, 27 August 2011

27 Augustus

Gebeure

1824 – Port Natal word deur Francis Farewell, ’n afgetrede Britse vlootoffisier, tot Britse gebied verklaar.

1855 – Jacobus Nicolaas Boshoff word ingehuldig as die tweede Staatspresident van die Oranje-Vrystaat.

1888 – Die Jane loop op die rotse by Matjiesrivier naby Port Elizabeth onderweg na Indië.

1899 – ’n Groot skare kom in Foster Place, Dublin bymekaar in ’n pro-Boere betoging.

1900 – Slag van Bergendal in die Anglo-Boereoorlog. Generaal Buller verslaan Generaal Botha.

1901 – Onder krygswet word die koerant Imvo Zabantsundu van John Tengo Jabavu verbied.

1950 – Suid-Afrika se aanbod om ’n eskader vegvliegtuie na Korea te stuur word deur Amerika aanvaar.

1962 – Die Stadskounurg in Johannesburg word ingewy met Jacques Offenbach se vertaalde opera, Die Verhale.

1968 – Basil d’Oliveira word deur die Suid-Afrikaanse regering toegang tot die land geweier en word gevolglik weggelaat uit die MCC-span.

1982 – Walvisbaai word tot kiesafdeling verklaar deur die Suid-Afrikaanse regering.

1986 – Protes aksie breek uit in Soweto oor uitsettings.

1988 – Polisie onderbreek ’n inwoners vergadering in Ciskei waar hulle die inkorporering van Peelton in Ciskei bespreek.

1990 – Daar word voorgestel dat ’n nuwe konstitusie geskryf moet word deur Gerrit Viljoen.

1992 – Oudbevelvoerder van die Simonstad Vlootbasis word skuldig bevind dat hy vir die Sowjetunie spioenasiewerk gedoen het en word gevolglik na Switserland deporteer.

Geboortes

1878 – Joseph Johannes (Jopie) Fourie, rebelleleier en verkenner naby Pretoria.

1916 – Terence Anthony (Tony) Harris, Suid-Afrikaanse krieketspeler in Plettenberg Baai.

1928 – Mangosuthu Gatsha Buthelezi, voormalige Minister van Binnelandse sake en leier van die Inkatha-Vryheidsparty (IVP) in Mahlabathini, KwaZulu-Natal.

1947 – Gavin Pattison Pfuhl, Suid-Afrikaanse krieketspeler in Mowbray, Kaapstad.

Sterftes

1851 – Dr. John Philip, kontroversiële sendeling in Fife, Skotland.

1919 – Generaal Louis Botha, voormalige Eerste minister van die Unie van Suid-Afrika in Pretoria.

1965 – Gerald Bond, Suid-Afrikaanse krieketspeler in Kaapstad.

Stuur asseblieg die e-pos na al jou vriende en kennise.  Teken gerus in op die blog en help my om ons geskiedenis behoue te hou.                   

Het ek dalk iets gemis op vandag se datum?  Stuur vir my die besonderhede, ek sal graag dit byvoeg.                   

Volg gerus my Twitter rekening waar ek internationale geskiedenis brokkies ook deel: @ludibotha.                   

Ek soek ook altyd na ou geskiedenis boeke en ou geskiedenis skool handboeke.  As enigeen kan help, laat my weet.

Friday, 26 August 2011

26 Augustus

Gebeure

1879 – Die Spoorlyn tussen Graaff-Reinet en Port Elizabeth word voltooi.

1914 – Die Transvaal tak van die Nasionale Party (NP) word gestig deur James Barry Munnik (J.B.M.) Hertzog, latere Eerste Minister van die Unie van Suid Afrika in Erasmus Huis in Pretoria.

1929 – Majoor Allister Mackintosh Miller word ‘n regerings subsidie toegestaan wat Suid Afrika se eerste kommersiële lugdiens, “Union Airways Company (PTY)” die lig laat sien. Die eerste vlug tussen Maitland en Port Elizabeth vertrek met vyf sakke pos.

1933 – Die Bybel verskyn vir die eerste keer in Afrikaans.

1960 – ‘n Noodtoestand word afgekondig, die eerste van sy sort, na die Sharpeville Slagting.

1961 – Anderson Khumani Ganvile, ‘n Pondo leier en vlugteling in Basutoland word ontvoer deur ses Suid-Afrikaanse polisiemanne en in die Transkei gevange gehou.

1970 – Joseph Honeywill van Johannesburg word deur ‘n lynboot, die SA Vaal gered, 11 uur nah y oorboord geval het.

1985 – Zola Budd breek die 500 meter wêreld rekord by Crystal Palace in Engeland met meer as 10 sekondes. Dit doen sy boonop kaalvoet.

1990 – Cyril Ramaphosa en James Motlatsi en 59 vakbondlede word in Newcastle, Natal arresteer op klagte dat hulle ‘n onwettige optog in die stad gelei het gedurende ‘n staking.

1996 – Voormalige Polisie Kolonel Eugene de Kock word skuldig bevind op ses aanklagte van moord by sy eenheid C10 by Vlakplaas buite Pretoria.

1997 – President Frederik Willem (F.W.) de Klerk kondig sy aftrede as leier van die Nasionale Party (NP) aan.

1999 – Penny Heyns stel ‘n wêreldrekord op vir borsslag in Sydney. Dit is haar sesde rekord in 3 weke.

Geboortes

1874 – Christiaan Andries van Niekerk, Boere Kommandant en president van die Senaat op plaas Vegkop, Heilbron.

1909 – Eric Quail Davies, Suid-Afrikaanse krieketspeler in King William’s Town.

1947 – Donald W. Riekert, digter in Afrikaans

1958 – Mohammed Igbal Shaik, politieke aktivis en lid van “Umkhonto we Sizwe” (MK) in Vrededorp, Johannesburg.

1970 – Brett Nolan Schultz, Suid-Afrikaanse krieketspeler in Oos Londen.

1977 – Gareth Cliff, omroeper en televisie aanbieder in Arcadia, Pretoria.

1978 – Hestrie Cloete-Storbeck, Suid-Afrikaanse atleet en hoogspring rekordhouer in Germiston.

Sterftes

Stuur asseblieg die e-pos na al jou vriende en kennise.  Teken gerus in op die blog en help my om ons geskiedenis behoue te hou.                   

Het ek dalk iets gemis op vandag se datum?  Stuur vir my die besonderhede, ek sal graag dit byvoeg.                   

Volg gerus my Twitter rekening waar ek internationale geskiedenis brokkies ook deel: @ludibotha.                   

Ek soek ook altyd na ou geskiedenis boeke en ou geskiedenis skool handboeke.  As enigeen kan help, laat my weet.

Thursday, 25 August 2011

25 Augustus

Gebeure

1962 – Nelson Mandela word gearresteer naby Howick in Natal.

1971 – Hoofman Mangosuthu Gatsha Buthelezi versoek ‘n Nasionale Konvensie van alle rasse in Suid-Afrika om besluite te neem oor die land se politiese toekoms. Die versoek word afgekeur deur Eerste Minister Balthazar Johannes (John) Vorster.

1973 – Eerste Minister Balthazar Johannes (John) Vorster waarsku die opposisie partye “United Party” (UP) en “Progressive Party” (PP) wat later die “Progressive Federal Party (PFP) word dat hulle inmenging in die politieke belange van Afrikane sal moet beeindig.

1985 – Toto Dweba, ‘n politieke aktivis en verdagte wapen koeries tussen Swaziland en die “African National Congress” (ANC) se verminkte liggaam word ontdek.

2002 – Die Mediese Beheerraad dryg om Nevirapine te de-registreer.

Geboortes

Sterftes

1993 – Amy Elizabeth Biehl, Amerikaanse student en aktivis word deur “Pan Africanist Congress” (PAC) lede met messe en ‘n baksteen vermoor un Gugulethu naby Kaapstad.

Stuur asseblieg die e-pos na al jou vriende en kennise.  Teken gerus in op die blog en help my om ons geskiedenis behoue te hou.                   

Het ek dalk iets gemis op vandag se datum?  Stuur vir my die besonderhede, ek sal graag dit byvoeg.                   

Volg gerus my Twitter rekening waar ek internationale geskiedenis brokkies ook deel: @ludibotha.                   

Ek soek ook altyd na ou geskiedenis boeke en ou geskiedenis skool handboeke.  As enigeen kan help, laat my weet.

Wednesday, 24 August 2011

24 Augustus

Gebeure

1896 – Die eerste erwe word verkoop in Mayfair aan die Wesrand.

1960 – Suid-Afrikaanse Polisie Kommissaris, Luitenant Generaal H.J. du Plooy neem stappe teen polisiemag lede wat die woord “Kaffir” gebruik.

1962 - ‘n Suid-Afrikaanse afvaardiging by die Verenigde Nasies hoofkantoor in New York versoek die Sekretaris Generaal U Than tom die vrylating van Nelson Mandela te probeer bewerkstellig

1978 – Eersste Minister B.J. (John) Vorster kondig aan dat beheer van die Buroo van Nasionale en Internasionale Kommunikasie vanaf 1 September 1978 na die Departement van Buitelandse Sake sal verskuif.

1990 – Noodtoestande word aangekondig in 27 informele nedersettings in die Vaal Driehoek.

1998 – Die verhoor van Dr Allan Boesak begin. Hy staar klagte van Diefstal en bedrog in die gesig.

Geboortes

1909 – Ronald Eustace Grieveson, Suid-Afrikaanse krieket speler in Johannesburg.

1959 – Adrian Paul Kuipel, Suid-Afrikaanse krieket speler in Johannesburg.

1960 – Geraldine Fraser-Moleketi, voormalige Minister van Welsyn en Bevolkingsontwikkeling in Lansdowne, Kaapstad.

Sterftes

1958 – Johannes (John) Gerhardus Strijdom, voormalige Eerste Minister van Suid-Afrika in Kaapstad.

Stuur asseblieg die e-pos na al jou vriende en kennise.  Teken gerus in op die blog en help my om ons geskiedenis behoue te hou.                   

Het ek dalk iets gemis op vandag se datum?  Stuur vir my die besonderhede, ek sal graag dit byvoeg.                   

Volg gerus my Twitter rekening waar ek internationale geskiedenis brokkies ook deel: @ludibotha.                   

Ek soek ook altyd na ou geskiedenis boeke en ou geskiedenis skool handboeke.  As enigeen kan help, laat my weet.

Tuesday, 23 August 2011

23 Augustus

Gebeure

1661 – Die Here Sewentien beveel Jan van Riebeeck om die toekennings van plase aan die Kaap te beperk.

1862 – Die heel eerste Rugby wedstryd vind plaas by die Groenpunt-meent, Kaapstad tussen ‘n militêre siviele militere en burgelike span plaas.

1992 – Wilhelm Verwoerd, kleinseun van voormalige Eerste Minister van Suid-Afrika, Hendrik Verwoerd word lid van die ANC.

1993 – Die Motsuenyane Kommissie vind die ANC skuldig aan marteling in hulle opleidings kampe in Angola, Zambië en Tanzanië.

2006 – Die Simelela Rape Survivors Centre in Kaapstad maak ‘n verslag bekend waarin hulle beweer dat amper die helfte van die verkragtings in Khayelitsha meisies onder die ouderdom van 14 betrek. Die jongste word bevind is 1 en die oudste 76. Gemiddeld 2 tot drie gevalle per dag.

Geboortes

1894 – James Arnold (Jimmy) la Guma, politieke aktivis en vakbondsman in Bloemfontein

Sterftes

1936 – Sir Thomas Cullinan, stigter van die Premier Myn in Johannesburg.

1938 – Beauclerk Upington, advokaat, politikus en President van die “African Football Association” in Kaapstad in armlastige omstandighede.

1987 – Caiphus Nyoka, studente aktivis work deur die polisie geskiet in Daveyton, nou Ekhuruleni.