Wednesday, 31 August 2011

31 Augustus

Gebeure

1871 – Basoetoland verenig met die Kaapkolonie.

1896 – Die goewerneur van die Kaap, Sir Hercules Robinson keer terug na Brittanje as die Baron Rosmead.

1918 – Dr. D. F. Malan, gedurende ’n vergadering in Malmesbury, versoek onafhanklikheid vir Suid-Afrika.

1924 – Die Kaapse Korps gedenkteken vir die Eerste Wêreldoorlog in Kaapstad word deur Generaal J. C. Smuts ingewy.

1929 – Messina en Beitbrug word met ’n spoorlyn verbind.

1940 – J. B. M. Hertzog se vredes mosie word deur die Suid-Afrikaanse parlement verwerp.

1977 – Walvisbaai in Suidwes-Afrika se administrasie word na Kaapland verplaas. Die Verenigde Nasies (VN) sien dit as ’n anneksasie poging.

1979 – Eerste minister Pieter Willem (P.W.) Botha besoek Soweto.

1981 – Suid-Afrika word gekritiseer deur die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad vir sy aanvalle in Angola.

1988 – Die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke hoofkwartier, Khotso-huis word gebom. 18 mense is beseer en die gebou erg beskadig.

1989 – Vyf dae voor die verkiesing vind protes optogte plaas in wat bekend sou staan as die “Day of Rage” omdat net blankes in die verkiesing kan stem.

1990 – President Frederick Willem (F. W.) de Klerk stel die Natalse NP-Kongres oop vir alle rasse.

1990 – Die vyf jaar lange huur boikot in Soweto kom op 'n end en inwoners stem in om huur en dienslewering te betaal.

2001 – Die wêreld konferensie oor rassisme begin in Durban.

Geboortes

1825 – William Ayliff, boer en politikus in Grahamstad.

1957 – Rachelle Greef, joernalis en skrywer in Bellville.

Sterftes

1980 – Chris Burger, Westelike Provinsie heelagter sterf na hy sy nek in ’n rugnywedstryd gebreek het in Bloemfontein.

1990 – Johnny Lindsay, krieketspeler in Benoni.

 

Stuur asseblief die e-pos na al jou vriende en kennise.  Teken gerus in op die blog en help my om ons geskiedenis behoue te hou.                   

Het ek dalk iets gemis op vandag se datum?  Stuur vir my die besonderhede, ek sal graag dit byvoeg.                   

Volg gerus my Twitter rekening waar ek internationale geskiedenis brokkies ook deel: @ludibotha.                   

Ek soek ook altyd na ou geskiedenis boeke en ou geskiedenis skool handboeke.  As enigeen kan help, laat my weet.

Technorati Tags: ,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,

No comments:

Post a Comment