Sunday, 18 September 2011

18 September

Gebeure

1662 – Jan van Riebeeck word aangestel as Kommandeur van Malakka.

1860 – Prins Alfred Ernest Albert, die 16 jarige tweede seun van Koningin Victoria open die nuwe gebou van die Suid-Afrikaanse Biblioteek en Museum in Kaapstad.

1883 – Die Republiek van Stellaland word uitgeroep.

1900 – Brigadier Generaal Stephenson beset Nelspruit sonder teenstand en Lord Roberts verskuif sy hoofkwartier soontoe.

1914 – ’n Groep van amper 1 800 soldate van die Unie van Suid-Afrika gaan by Lüderitzbucht aan wal.

1916 – Generaal Louis Botha, eerste-minister van die Unie van Suid-Afrika open die spoorlyn na Mthatha.

1922 – Die eerste vliegtuig van die Suid-Afrikaanse Lugmag stort neer en Kaptein A. van der Byl en Luitenant E. Stuart sterf by Irene naby Pretoria.

1945 – ’n Droogdok, die grootste in die Suidelike Halfrond word in die Tafelbaaise hawe geopen.

1963 – Die Verenigde Nasies se spesiale apartheids komitee versoek lidlande om ’n verbod op wapen en petroleum handel met Suid-Afrika te plaas.

1971 – Die Wêreld Raad van Kerke se verteenwoordigers word toegang tot Suid-Afrika geweier deur Eerste-minister John Vorster.

1980 – Die Nasionale Party weier om deel te neem aan die Buthelezi Kommissie van Ondersoek.

1984 – Suid-Afrika se eerste swart goud myner staking word gestop na net een dag. Slegs 250 werker word deur polisie aksie beseer.

1989 – Stephen Hendrik du Plessis word van spioenasie aangekla en vertel in ’n Zambiese hof dat hy die ANC van inligting voorsien het van strategiese teikens in Suid-Afrika.

1989 – Dr. Gerrit Viljoen, Minister van Staatkundige Ontwikkeling sê aan Britse televisiekykers dat die vrylating van Nelson Mandela hoog op die sakelys is.

1990 – Die Prokureur-generaal van Witwatersrand, Klaus von Lieres und Wilkau kondig aan dat Winnie Mandela en nog sewe in die Randse Hooggeregshof verhoor gaan word op aanklagte van menseroof en aanranding met die opset om ernstig te beseer.

1991 – Suid-Afrika teken ’n handels ooreenkoms met Pole.

1991 – Generaal Ronnie van der Westhuizen, hoof van die Suid-Afrikaanse spesiale ondersoek taakmag vir politieke geweld sê dat vier en twintig polisiemanne geskors is en dat daar klagtes teen hulle aanhangig gemaak is van aanranding tot moord vir hulle rolle in die township geweld.

1992 – ’n Massa begrafnis word gehou vir die slagoffers van die Bisho slagting.

1997 – Die Suid-Afrikaners, Dr. Mark Erdman en sy vrou Arnaz Mehta ontdek ’n selakant in ’n vismark in Manado op die eiland van Sulawesi, Indonesia. Genetiese toetse bevestig dat dit ’n nuwe spesie is.

1999 – Suid-Afrika wen die meeste medaljes, ongeveer 180, by die sewende “All Africa Games” wat in Johannesburg eindig.

2004 – Ongeveer negentig motors word uitgebrand toe ’n weghardloop veldbrand weghardloop by ’n fabriek in Rosslyn.

Geboortes

1898 – Frans Hendrik (Fox) Odendaal, politikus.

1937 – Dr. Ivy Matsepe-Casaburi, politikus in Kroonstad.

1957 – Heinrich Stephen Samuel (Hein) Willemse, literator in Ladismith.

1973 – Mark Richard Shuttleworth, besigheidsman en eerste Suid-Afrikaner in die ruimte in Welkom.

Sterftes

1761 – Joachim Nikolaus von Dessen, sekretaris van die Weeskind Raad in Kaapstad en kuns en literatuur versamelaar in Kaapstad.

1914 – Die Foster bende, onder leiding van William Foster pleeg selfmoord.

1924 – George Walker, mede ontdekker van die goudrif van die Witwatersrand in Krugersdorp as armlastige.

1986 – William Ledwaba, bende lid word op 16 jarige ouderdom deur ’n bom in sy slaap doodgemaak in Atteridgeville, Pretoria.

1998 – Kevin Williams, bende lid in Stellenbosch. Sy keel word gesny terwyl die hof in sessie is.

 

Stuur asseblief die e-pos na al jou vriende en kennise.  Teken gerus in op die blog en help my om ons geskiedenis behoue te hou.                   

Het ek dalk iets gemis op vandag se datum?  Stuur vir my die besonderhede, ek sal graag dit byvoeg.                   

Volg gerus my Twitter rekening waar ek internationale geskiedenis brokkies ook deel: @ludibotha.                   

Ek soek ook altyd na ou geskiedenis boeke en ou geskiedenis skool handboeke.  As enigeen kan help, laat my weet.

Technorati Tags: ,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,

Windows Live Tags: September,Gebeure,Riebeeck,word,Kommandeur,Malakka,Prins,Ernest,Albert,Koningin,Victoria,Suid,Afrikaanse,Biblioteek,Museum,Kaapstad,Republiek,Stellaland,Brigadier,Generaal,Stephenson,Nelspruit,Lord,Roberts,Groep,Unie,Afrika,Lüderitzbucht,Louis,Botha,Mthatha,Lugmag,Kaptein,Luitenant,Stuart,Irene,Pretoria,Droogdok,Suidelike,Halfrond,Tafelbaaise,Verenigde,Nasies,petroleum,Wêreld,Raad,Kerke,Eerste,John,Vorster,Nasionale,Buthelezi,Kommissie,Ondersoek,Slegs,Stephen,Hendrik,Plessis,Zambiese,Gerrit,Viljoen,Minister,Staatkundige,Britse,Nelson,Mandela,Prokureur,Witwatersrand,Klaus,Lieres,Wilkau,Winnie,Randse,Hooggeregshof,Pole,Ronnie,Westhuizen,township,Massa,Bisho,Afrikaners,Mark,Erdman,Arnaz,Mehta,Manado,Sulawesi,Indonesia,Genetiese,Africa,Games,Johannesburg,Ongeveer,Rosslyn,Geboortes,Frans,Odendaal,Matsepe,Casaburi,Kroonstad,Heinrich,Samuel,Hein,Willemse,Ladismith,Richard,Shuttleworth,Afrikaner,Welkom,Sterftes,Joachim,Nikolaus,Dessen,Foster,William,George,Walker,Krugersdorp,Ledwaba,Atteridgeville,Kevin,Williams,Stellenbosch,Stuur,Teken,Volg,Twitter,jarige,nuwe,gaan,spesiale,deur,deel,beseer,geweld,hulle,weghardloop,politikus,bende,gerus,geskiedenis

WordPress Tags: September,Gebeure,Riebeeck,word,Kommandeur,Malakka,Prins,Ernest,Albert,Koningin,Victoria,Suid,Afrikaanse,Biblioteek,Museum,Kaapstad,Republiek,Stellaland,Brigadier,Generaal,Stephenson,Nelspruit,Lord,Roberts,Groep,Unie,Afrika,Lüderitzbucht,Louis,Botha,Mthatha,Lugmag,Kaptein,Luitenant,Stuart,Irene,Pretoria,Droogdok,Suidelike,Halfrond,Tafelbaaise,Verenigde,Nasies,petroleum,Wêreld,Raad,Kerke,Eerste,John,Vorster,Nasionale,Buthelezi,Kommissie,Ondersoek,Slegs,Stephen,Hendrik,Plessis,Zambiese,Gerrit,Viljoen,Minister,Staatkundige,Britse,Nelson,Mandela,Prokureur,Witwatersrand,Klaus,Lieres,Wilkau,Winnie,Randse,Hooggeregshof,Pole,Ronnie,Westhuizen,township,Massa,Bisho,Afrikaners,Mark,Erdman,Arnaz,Mehta,Manado,Sulawesi,Indonesia,Genetiese,Africa,Games,Johannesburg,Ongeveer,Rosslyn,Geboortes,Frans,Odendaal,Matsepe,Casaburi,Kroonstad,Heinrich,Samuel,Hein,Willemse,Ladismith,Richard,Shuttleworth,Afrikaner,Welkom,Sterftes,Joachim,Nikolaus,Dessen,Foster,William,George,Walker,Krugersdorp,Ledwaba,Atteridgeville,Kevin,Williams,Stellenbosch,Stuur,Teken,Volg,Twitter,jarige,nuwe,gaan,spesiale,deur,deel,beseer,geweld,hulle,weghardloop,politikus,bende,gerus,geskiedenis

Blogger Labels: September,Gebeure,Riebeeck,word,Kommandeur,Malakka,Prins,Ernest,Albert,Koningin,Victoria,Suid,Afrikaanse,Biblioteek,Museum,Kaapstad,Republiek,Stellaland,Brigadier,Generaal,Stephenson,Nelspruit,Lord,Roberts,Groep,Unie,Afrika,Lüderitzbucht,Louis,Botha,Mthatha,Lugmag,Kaptein,Luitenant,Stuart,Irene,Pretoria,Droogdok,Suidelike,Halfrond,Tafelbaaise,Verenigde,Nasies,petroleum,Wêreld,Raad,Kerke,Eerste,John,Vorster,Nasionale,Buthelezi,Kommissie,Ondersoek,Slegs,Stephen,Hendrik,Plessis,Zambiese,Gerrit,Viljoen,Minister,Staatkundige,Britse,Nelson,Mandela,Prokureur,Witwatersrand,Klaus,Lieres,Wilkau,Winnie,Randse,Hooggeregshof,Pole,Ronnie,Westhuizen,township,Massa,Bisho,Afrikaners,Mark,Erdman,Arnaz,Mehta,Manado,Sulawesi,Indonesia,Genetiese,Africa,Games,Johannesburg,Ongeveer,Rosslyn,Geboortes,Frans,Odendaal,Matsepe,Casaburi,Kroonstad,Heinrich,Samuel,Hein,Willemse,Ladismith,Richard,Shuttleworth,Afrikaner,Welkom,Sterftes,Joachim,Nikolaus,Dessen,Foster,William,George,Walker,Krugersdorp,Ledwaba,Atteridgeville,Kevin,Williams,Stellenbosch,Stuur,Teken,Volg,Twitter,jarige,nuwe,gaan,spesiale,deur,deel,beseer,geweld,hulle,weghardloop,politikus,bende,gerus,geskiedenis

No comments:

Post a Comment