Tuesday, 09 November 2010

9 November

9 November

1955 – Die Verenigde Nasies kondig aan dat hulle ten sterkste teen die Suid-Afrikaanse Apartheids Politiek is.

1962 – Die toe Minister van Justisie, John Vorster kondig aan dat sedert “Mkhonto we Sizwe” (MK) gestig is daar drie en twintig insidente van sabotasie was en dat hulle al oor die sestig verdagtes arresteer is.

1992 – Nasionale Party Sekretaris-generaal Stoffel van der Merwe bedank om redes van siekte.

1993 – Brigadier Joshua Oupa Qqozo, militêre leier van die Ciskei word aangekla van moord en die aansporing van moord. Hy maak aanspraak op die feit dat staats leiers nie strafregtelik verantwoordelik gehou kan word nie.

2004 – President Thabo Mbeki lei ’n groep regerings afgevaardigdes na Abidjan aan die Ivoor Kus.

Geboortes

1927 – Carel Boshoff, voormalige Voorsitter van die Afrikaner-Broederbond in Nylstroom.

1934 – Ronald Harwood, Oskar bekroonde skrywer in Kaapstad.

Sterftes

2008 – Miriam Makeba, sangeres in Caserta, Italië na ’n half uur konsert.

Stuur asseblieg die e-pos na al jou vriende en kennise.

Teken gerus in op die blog en help my om ons geskiedenis behoue te hou.

Het ek dalk iets gemis op vandag se datum? Stuur vir my die besonderhede, ek sal graag dit byvoeg.

Volg gerus my Twitter rekening waar ek internationale geskiedenis brokkies ook deel: @ludibotha.

Ek soek ook altyd na ou geskiedenis boeke en ou geskiedenis skool handboeke. As enigeen kan help, laat my weet.

No comments:

Post a Comment