Tuesday, 16 November 2010

17 November

17 November

Gebeure
1959 - Die Verenigde Nasies aanvaar Resolusie 1375 (XIV) oor Apartheid wat gelyke regte vir alle rasse groepe aanvaar.
1973 – Die Demokratiese Party word in Johannesburg gestig met Theo Gerdener as leier.
1993 РBesluite word geneem oor die veiligheids dienste in Suid-Afrika. Die Suid-Afrikaanse Polisie sal met die Suid-Afrikaanse Polisie Diens vervang word. Die Suid-Afrikaanse Weermag sal uitgefaseer word en vervang word met die Nasionale Verdedigings Dienste en sal die Suid-Afrikaanse Weermag, die weermagte van die Transkei, Bophuthatswana, Venda en Ciskei sowel as die milit̻re afdelings van die ANC, PAC en AZAPO insluit. Die Polisie diens sal deur die Parlement reguleer word.
1994 – Die Grond Restitusie Wet tree in werking.
2004 – Die Rugby speler Breyton Paulse word in die nasionale span opgeneem na die ANC Jeug Liga kapsie gemaak het teen sy uitsluiting uit die span.

Geboortes
1952 – Cyril Ramaphosa, aktivis en vakbondlid in Johannesburg.

Sterftes
1977 – Bonaventura Sipho Malaza, student in Krugersdorp. Hy pleeg vermoedelik selfmoord deur homself te hang terwyl hy in die Krugersdorp polisie selle was. Sy werklike sterfte datum kan ook die 16de wees of so vroeg as die 7de. Polisie rekords weerspreek dit self.


Stuur asseblieg die e-pos na al jou vriende en kennise. Teken gerus in op die blog en help my om ons geskiedenis behoue te hou. Het ek dalk iets gemis op vandag se datum? Stuur vir my die besonderhede, ek sal graag dit byvoeg. Volg gerus my Twitter rekening waar ek internationale geskiedenis brokkies ook deel: @ludibotha. Ek soek ook altyd na ou geskiedenis boeke en ou geskiedenis skool handboeke. As enigeen kan help, laat my weet.

No comments:

Post a Comment