Thursday, 04 November 2010

4 November

1795 - Die Swellendam Republiek aanvaar Britse beheer drie maande na hulle onafhanklik geword het van Nederland en die Magistraat A.A. Faure verdryf het.

1873 - Slag van Boesmans Nek vind plaas. Die slag was tussen die Amahlubi stam onder leiding van Hoofman Langilibalele en die Britte omdat die Hoofman nie sy wapens wou registreer nie.

1960 - Sanksies word begin teen Suid Afrika in die Wêreld Hof.

1975 - Fidel Castro besluit om soldate na Angola te stuur om teen Suid Afrika te veg.

1977 - Die Verenigde Nasies verban die verkope van wapens aan Suid Afrika.

1985 - Susanna Kok, Suid Afrikaanse mediese sendeling wie se werk gelei het tot die suksesvolle diagnosis van Melaatsheid en die behandeling daarvan, sterf.

1996 - Die Provinsiale Uitvoerende Kommitee van die Vrystaat bedank na aantuigings van nepotisme.

1998 - Wetgewing teen rook in publieke areas kom in werking.

Stuur asseblieg die e-pos na al jou vriende en kennise.

Teken gerus in op die blog en help my om ons geskiedenis behoue te hou.

Het ek dalk iets gemis op vandag se datum? Stuur vir my die besonderhede, ek sal graag dit byvoeg.


Volg gerus my Twitter rekening waar ek internationale geskiedenis brokkies ook deel: @ludibotha.

Ek soek ook altyd na ou geskiedenis boeke en ou geskiedenis skool handboeke. As enigeen kan help, laat my weet.

No comments:

Post a Comment