Monday, 22 November 2010

22 November

22 November

Gebeure
1962 – Die gewapende vleuel van die PAC, Poqo kom net na twee uur die oggend bymekaar in die Paarl en val die plaaslike tronk en die polisie stasie aan. Hulle val later huise ook aan.
1989 – ’n Onafhanklike Raad van Ondersoek bevestig bespiegelings deur Kaptein Dirk Coetzee van ’n geheime polisie moord afdeling.
1990 – ’n Poging tot ’n Staatsgreep word uitgeoefen op die Transkei. Agtien sterf in die onsuksesvolle aanval.
1994 – Suid-Afrika teken die ooreenkoms met Switserland wat die “Reconstruction and Development Program” (RDP) in die lewe roep.
1995 – Die eerste konsep van die nuwe Konstitusie word gepubliseer.

Geboortes
1966 – Richard Stanley, film regisseur.
1986 – Oscar Leonard Carl Pistorius, paralimpiese atleet in Sandton.

Sterftes
1983 – Keith McFadden, lid van “Umkhonto we Sizwe” word by ’n huis in Manzini, Swaziland deur die Suid-Afrikaanse Weermag geskiet.
1983 – Zwelakhe Nyanda, lid van “Umkhonto we Sizwe” word by ’n huis in Manzini, Swaziland deur die Suid-Afrikaanse Weermag geskiet.


Stuur asseblieg die e-pos na al jou vriende en kennise. Teken gerus in op die blog en help my om ons geskiedenis behoue te hou.

Het ek dalk iets gemis op vandag se datum? Stuur vir my die besonderhede, ek sal graag dit byvoeg.

Volg gerus my Twitter rekening waar ek internationale geskiedenis brokkies ook deel: @ludibotha.

Ek soek ook altyd na ou geskiedenis boeke en ou geskiedenis skool handboeke. As enigeen kan help, laat my weet.

No comments:

Post a Comment