Monday, 15 November 2010

14 November

14 November

Gebeure

1889 – Koningin Victoria keur die Rhodes Manifes goed wat die “British South Africa Company” (BSAC) tot die lewe roep.
1968 – Die Ciskei tuisland word gevestig.
1991 – Die Platinum staking in Bophuthatswana eindig. Hulle het gestaak oor die leiers van Bophuthatswana nie die bestaan van die “National Union of Mine Workers” (Num.) erken het nie.
1994 – Umkhonto we Sizwe (MK) lede dreig met ’n gewapende stryd indien hulle eise nie beantwoord word nie.
1998 – Lede van die Afrikaner Eenheid Beweging stem om die organisasie te verander na ’n politieke party sodat hulle kan deelneem aan die 1999 verkiesing.
2005 – Constand Viljoen en Magnus Malan ontken enige betrokkenheid en kennis van die massa grafte wat die Namibiese regering gekry het naby Eenhana in noord Namibië.
2006 – Die regering keur die Siviele Unies wet goed wat Homoseksuele huwelike wettig.

Geboortes

Sterftes

1914 – Frederick Sleigh (Bobs) Roberts, goewerneur van Natal in St. Omer, Frankryk op die ouderdom van 82.



Stuur asseblieg die e-pos na al jou vriende en kennise. Teken gerus in op die blog en help my om ons geskiedenis behoue te hou.

Het ek dalk iets gemis op vandag se datum? Stuur vir my die besonderhede, ek sal graag dit byvoeg.

Volg gerus my Twitter rekening waar ek internationale geskiedenis brokkies ook deel: @ludibotha.

Ek soek ook altyd na ou geskiedenis boeke en ou geskiedenis skool handboeke. As enigeen kan help, laat my weet.

No comments:

Post a Comment