Wednesday, 10 November 2010

10 November

10 November

Gebeure

1919 – Die Nederduits-Gereformeerde Kerk beslis dat Afrikaans saam met Hollands gebruik mag word gedurende kerk dienste.
1939 – Die Suid-Afrikaanse Militêre Polisie Diens word gereorganiseer. Die skuif bring alle afdelings van die Militêre Polisie onder beheer van een persoon, Luitenant Kolonel (Later Kolonel) R.D. Pilkington-Jordan en verbeter dissipline.
1988 – Die Suid-Afrikaanse Weermag ontken die aantuigings gemaak deur Luitenant-kolonel Antonio dos Santos Franca Ndalu, leier van “Forças Armadas Populares de Libertação de Angola” (FAPLA). Hy beweer dat sy magte twee honderd en dertig Suid-Afrikaanse troepe gedood het en verskeie voertuie van die Suid-Afrikaanse Weermag vernietig het. Die Suid-Afrikaanse Weermag het volgehou dat nie almal Suid-Afrikaanse troepe was nie, wat die indruk geskep het dat baie van die gesneuwelde troepe van die “South West African People’s Organization” (SWAPO) was.
1989 – Drie blanke lede van die ANC word tronk toe gestuur op twee en dertig klagte van terrorisme wat bom aanvalle en brandstigting teen militêre personeel en elektriese pale insluit. Die drie was vir Damian de Lange (25 jaar), Ian Robertson (20 jaar) en Susan Donelly, ’n Britse Burger (Agtien jaar).
1991 – Suid-Afrika word weer toegelaat om op internasionale vlak deel te neem aan krieket.
1992 – Suid-Afrika onderneem hulle eerste internasionale krieket toer in sewe en twintig jaar na Indië.
2005 – Konstruksie werkers vind ’n massagraf naby ’n voormalige Suid-Afrikaanse Weermag basis, Eenhana in Noord Namibië. Namibiese amptenare het vermoed dat die “South West African People’s Organization” (SWAPO) lyke was. Voormalige hoof van die Suid-Afrikaanse Weermag, Constand Viljoen het dit ontken en gesê dat die hantering van lyke die werk van die Suid Wes-Afrikaanse Polisie was.

Geboortes
1959 – Marthinus van Schalkwyk, voormalige leier van die Nuwe Nasionale Party (NNP) in Pietersburg (nou Polokwane)

Sterftes
1985 – Dr. James Sebe Moroka, mediese dokter en politikus in Ratlou, Oranje-Vrystaat (nou Vrystaat)

2000 – Hoofman George Mzimvubu Mathanzima, voormalige Eerste Minister van Transkei in Queenstown.



Stuur asseblieg die e-pos na al jou vriende en kennise. Teken gerus in op die blog en help my om ons geskiedenis behoue te hou.

Het ek dalk iets gemis op vandag se datum? Stuur vir my die besonderhede, ek sal graag dit byvoeg.

Volg gerus my Twitter rekening waar ek internationale geskiedenis brokkies ook deel: @ludibotha.

Ek soek ook altyd na ou geskiedenis boeke en ou geskiedenis skool handboeke. As enigeen kan help, laat my weet.

No comments:

Post a Comment