Monday, 22 November 2010

23 November

23 November

Gebeure
1982 – Lesotho en Swaziland word deur die Suid-Afrikaanse regering gedryg met ekonomiese sanksies as hulle volhou om ANC rebelle toevlug te bied.
1988 – President P.W. Botha skeld die “Sharpeville Ses”, Reginald Sefatsa, Reid Mokoena, Moses Diniso, Theresa Ranashamole, Duma Khumalo en Francis Mokhesi kwyt vir hulle skuld aan die moord op Sharpeville Burgemeester Kuzwayo Jacob Dlamini in September 1984.
2004 – Aartsbiskop Emeritus Desmond Tutu waarsku gedurende sy tweede jaarlikse Nelson Mandela toespraak dat Swart Ekonomiese Bemagtiging net ’n klein elite groepie mense tot baat is.

Geboortes
1967 – Gary Kirsten, krieket speler in Kaapstad.

Sterftes
1848 – Sir John Barrow, verkenner van die binneland van Suid-Afrika in Londen, Engeland op ouderdom 84.


Stuur asseblieg die e-pos na al jou vriende en kennise. Teken gerus in op die blog en help my om ons geskiedenis behoue te hou.

Het ek dalk iets gemis op vandag se datum? Stuur vir my die besonderhede, ek sal graag dit byvoeg.

Volg gerus my Twitter rekening waar ek internationale geskiedenis brokkies ook deel: @ludibotha.

Ek soek ook altyd na ou geskiedenis boeke en ou geskiedenis skool handboeke. As enigeen kan help, laat my weet.

No comments:

Post a Comment