Saturday, 01 October 2011

1 Oktober

Gebeure

1655 – Die Here XVII gee aan amptenare in ’n brief gerig aan Jan van Riebeeck toestemming om vrye ondernemerskap te beoefen.

1829 – Die Suid-Afrikaanse Kollege maak in Kaapstad oop. Dit sou later verdeel in die Universiteit van Kaapstad en die Suid-Afrikaanse Kollege Skool.

1879 – Fingoland word geannekseer aan die Kaap met Kaptein Matthew T. Blyth as Hoof Magistraat. Die gebied word die Transkei genoem. Die Fingo stam (Mfengu) word die eerste Bantu skaapboere.

1894 – Die eerste vergadering van die Uil Klub word in Kaapstad gehou. Die Uil Klub is ’n klub vir mans met ’n belangstelling in die kunste en wetenskap en vergaderings geskied oor ’n ete.

1897 – Die Johannesburg Dorpsraad word gestig.

1899 – 20000 mense neem deel aan ’n protes optog na die Beresford Plein in Dublin in protes teen “die aanval van Engeland op die vryhede van die Zuid Afrikaansche Republiek.”

1900 – Generaal J. G. Maxwell word aangestel as administrateur van die Transvaal.

1903 – In wat gesien word as Suid-Afrika se eerste ernstige motorongeluk word drie mense beseer op die treinspoor in Maitland, Kaapstad.

1923 – Suid-Rhodesië kry selfregering en Generaal Jan Smuts en N. J. de Wet verteenwoordig Suid-Afrika by die opening van die Rykskonferensie in Londen.

1937 – Die eerste uitgawe van Die Transvaler met H. F. Verwoerd as redakteur word in Johannesburg gepubliseer.

1937 – Die Departement van Sosiale Welsyn word gestig om die welsyn funksies van ander departemente oor te neem. Die stap word geneem na ’n vergadering in die Nasionale Kongres wat in Bloemfontein gehou is in 1934 in verband met die armblanke probleem.

1955 – Walter Sisulu woon ’n funksie by wat oor twee dae strek in Orlando ter ere van Lillian Ngoyi wat onlangs teruggekeer het uit Rusland.

1960 – Die Suid-Afrikaanse Lugdiens bekom Boeing 707 stralers wat ’n oornag reis na Europa moontlik maak.

1976 – Frankryk bevestig dat hulle twee nuwe duikbote aan Suid-Afrika gaan verkoop om Suid-Afrika te help om die olie roete om die kaap te beskerm.

1977 – Die Wet op Arbeidsverhoudinge nommer 14 wat arbeid vereistes in die Transkei behels en die Loonwet nommer 15 wat minimum loon en loon vereistes behels tree inwerking.

1979 - Die Nywerheidsversoening Wysigingswet nommer 94 tree inwerking wat sekere swart werkers onder die 1953 wet verhoed het, toestemming te gee om aan unies te behoort.

1982 – ’n Verslag wat saamgestel is deur die Ouers van Gevangenes Ondersteunings Komitee gee besonderhede hoe sistematiese marteling ’n integrale deel van die gevangenis sisteem is.

1985 – Kleurling skole wat as gevolg van geweld gesluit is op 6 September word na protes aksie uit die kleurling gemeenskap weer heropen.

1986 – ’n Dag van rou word gehou na die Kinross mynramp wat 177 lewens ge-eis het.

1987 – Die Transkei Weermag gooi die Bantustan leier en president van Transkei, President George Matanzima en sy regering omvêr maar ontken ’n staatsgreep.

1987 – President Joaquim Chissano van Mosambiek beskuldig Suid-Afrika in ’n vergadering van die Verenigde Nasies daarvan dat hy ’n onverklaarde oorlog teen Mosambiek voer. Die Transkei se weermag leier, Generaal-majoor Bantu Holomisa neem bewind oor.

1989 – President Frederik Willem de Klerk ontken dat afgevaardigdes van die Suid-Afrikaanse regering samesprekinge voer met die ANC.

1989 – Senior lede van die Broederbond waaronder President F. W. de Klerk se broer, Willem de Klerk, ontmoet die ANC onder leiding van Thabo Mbeki in Londen vir samesprekinge wat deur die ANC bestempel word as roetine en blote meningswisseling.

1989 – Die Suid-Afrikaanse Polisie neem beheer oor van die munisipale polisie met die oog op verbeterde diens aan die gemeenskap.

1989 – Hoofman Sabata Dalinyebo word herbegrawe in die Transkei in ’n begrafnisdiens wat deur sowat 40 000 mense bygewoon word. Hy is in self-opgelegde ballingskap in Zambië dood in 1986.

1991 – Die Immigrante wet nommer 96 tree inwerking. Dit vervang alle vorige wetgewing rondom die kom en gaan van buitelanders sowel as die permanente verblyfreg van buitelanders in die land.

1991 – Telkom Suid-Afrika Beperk word offisieel in die lewe geroep met die regering as 100% aandeelhouer.

1991 – Belasting op Toegevoegde Waarde (BTW) of “Value Added Tax” (VAT) vervang Algemene Verkoop Belasting of “General Sales Tax”

1992 – Die Wet op Geboorte en Sterfte registrasie nommer 51 tree inwerking.

1993 – Suid-Afrika begin onderhandel met Swaziland na die moontlikheid van die daarstelling van diplomatieke bande.

1996 – Inkatha stem in om weer terug te keer na die Konstitusionele Vergadering na ’n agtien maande lange afwesigheid.

1998 – E-TV, Suid-Afrika se eerste onafhanklike televisiestasie wat totaal op advertensie-inkomste staatmaak begin uitsaai.

2000 – President Thabo Mbeki lê ’n drie dae lange staatsbesoek aan Nigerië af.

2006 – Indiese Eerste-minister Manmohan Singh woon feesvieringe by Durban se Kingsmead Krieketstadion by saam met President Thabo Mbeki om die 100 jarige herdenking van die Satyagraha wat deur Mahatma Gandhi begin is te herdenk. Satyahraha was nie-gewelddadige teenstand.

Geboortes

1825 – Stephanus Johannes Paulus Kruger, president van die Zuid Afrikaansche Republiek op plaas Bulhoek, naby Steynsberg, distrik Cradock. Hoewel hy self sy geboortedatum as 10 Oktober opgee word die datum as moontlik beskou deur navorsers. Die presiese geboorteplek word ook betwis met plaas Zoutpansdrif naby Venterstad as alternatief.

1881 – Pixley KaIsaka Seme, mede stigterslid van die ANC by ’n sendingstasie in Natal.

1896 – Sol Thekisho Plaatje, politikus, joernalis en skrywer naby Boshof, Oranje-Vrystaat.

1908 – Dr. Albert Jan Jurie Wessels, skrywer en stigter van die Toyota Motormaatskappy in Suid-Afrika in distrik Boshof, Oranje-Vrystaat.

1910 – Professor Petrus Johannes Nienaber, skrywer, kundige in literatuur en versamelaar van twee volledige stelle Afrikaanse boeke in Fauresmith.

1927 – Christiaan (Chris) Engelbertus Lamprecht, orrelis, koor meester en komponis in Bloemfontein.

1961 – Cornelius (Corrie) Johannes Petrus Gerhardus van Zyl, krieketspeler in Bloemfontein.

1981 – Cindy Nell, televisie aanbieder en voormalige Mej. Suid-Afrika.

Sterftes

Stuur asseblief die e-pos na al jou vriende en kennise.  Teken gerus in op die blog en help my om ons geskiedenis behoue te hou.                 
Het ek dalk iets gemis op vandag se datum?  Stuur vir my die besonderhede, ek sal graag dit byvoeg.                 
Volg gerus my Twitter rekening waar ek internationale geskiedenis brokkies ook deel: @ludibotha.                 
Ek soek ook altyd na ou geskiedenis boeke en ou geskiedenis skool handboeke.  As enigeen kan help, laat my weet.

 

Technorati Tags: ,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,

Windows Live Tags: Oktober,Gebeure,Here,XVII,Riebeeck,Suid,Afrikaanse,Kollege,Kaapstad,Universiteit,Skool,Fingoland,word,Kaap,Kaptein,Matthew,Blyth,Hoof,Magistraat,Transkei,Fingo,Mfengu,Bantu,Klub,Johannesburg,Dorpsraad,Beresford,Plein,Dublin,Engeland,Zuid,Afrikaansche,Republiek,Generaal,Maxwell,Transvaal,Afrika,Maitland,Rhodesië,Smuts,Rykskonferensie,Londen,Transvaler,Verwoerd,Departement,Sosiale,Welsyn,Nasionale,Kongres,Bloemfontein,Walter,Sisulu,Orlando,Lillian,Ngoyi,Rusland,Lugdiens,Europa,Frankryk,Arbeidsverhoudinge,Loonwet,tree,Wysigingswet,Verslag,Ouers,Gevangenes,Ondersteunings,Komitee,September,Kinross,Weermag,Bantustan,president,George,Matanzima,Joaquim,Chissano,Mosambiek,Verenigde,Nasies,Holomisa,Frederik,Willem,Klerk,Senior,Broederbond,Thabo,Mbeki,Polisie,Hoofman,Sabata,Dalinyebo,self,Zambië,Immigrante,Telkom,Beperk,Toegevoegde,Waarde,Value,Algemene,Verkoop,General,Geboorte,Sterfte,Swaziland,Inkatha,Konstitusionele,Nigerië,Indiese,Eerste,Manmohan,Singh,Durban,Kingsmead,Krieketstadion,Satyagraha,Mahatma,Gandhi,Satyahraha,Geboortes,Stephanus,Johannes,Paulus,Kruger,Bulhoek,Steynsberg,Cradock,Hoewel,Zoutpansdrif,Venterstad,Pixley,KaIsaka,Seme,Natal,Thekisho,Plaatje,Boshof,Oranje,Vrystaat,Albert,Jurie,Wessels,Toyota,Motormaatskappy,Professor,Petrus,Nienaber,Fauresmith,Christiaan,Chris,Engelbertus,Lamprecht,Cornelius,Corrie,Gerhardus,Cindy,Nell,Sterftes,Stuur,Teken,Volg,Twitter,Sales,maak,gehou,gestig,mense,neem,deel,protes,drie,woon,twee,moontlik,gaan,nommer,vereistes,behels,loon,onder,deur,besonderhede,gemeenskap,weer,leier,ontken,voer,samesprekinge,vervang,buitelanders,lange,plaas,naby,distrik,datum,skrywer,boeke,gerus,geskiedenis

WordPress Tags: Oktober,Gebeure,Here,XVII,Riebeeck,Suid,Afrikaanse,Kollege,Kaapstad,Universiteit,Skool,Fingoland,word,Kaap,Kaptein,Matthew,Blyth,Hoof,Magistraat,Transkei,Fingo,Mfengu,Bantu,Klub,Johannesburg,Dorpsraad,Beresford,Plein,Dublin,Engeland,Zuid,Afrikaansche,Republiek,Generaal,Maxwell,Transvaal,Afrika,Maitland,Rhodesië,Smuts,Rykskonferensie,Londen,Transvaler,Verwoerd,Departement,Sosiale,Welsyn,Nasionale,Kongres,Bloemfontein,Walter,Sisulu,Orlando,Lillian,Ngoyi,Rusland,Lugdiens,Europa,Frankryk,Arbeidsverhoudinge,Loonwet,tree,Wysigingswet,Verslag,Ouers,Gevangenes,Ondersteunings,Komitee,September,Kinross,Weermag,Bantustan,president,George,Matanzima,Joaquim,Chissano,Mosambiek,Verenigde,Nasies,Holomisa,Frederik,Willem,Klerk,Senior,Broederbond,Thabo,Mbeki,Polisie,Hoofman,Sabata,Dalinyebo,self,Zambië,Immigrante,Telkom,Beperk,Toegevoegde,Waarde,Value,Algemene,Verkoop,General,Geboorte,Sterfte,Swaziland,Inkatha,Konstitusionele,Nigerië,Indiese,Eerste,Manmohan,Singh,Durban,Kingsmead,Krieketstadion,Satyagraha,Mahatma,Gandhi,Satyahraha,Geboortes,Stephanus,Johannes,Paulus,Kruger,Bulhoek,Steynsberg,Cradock,Hoewel,Zoutpansdrif,Venterstad,Pixley,KaIsaka,Seme,Natal,Thekisho,Plaatje,Boshof,Oranje,Vrystaat,Albert,Jurie,Wessels,Toyota,Motormaatskappy,Professor,Petrus,Nienaber,Fauresmith,Christiaan,Chris,Engelbertus,Lamprecht,Cornelius,Corrie,Gerhardus,Cindy,Nell,Sterftes,Stuur,Teken,Volg,Twitter,Sales,maak,gehou,gestig,mense,neem,deel,protes,drie,woon,twee,moontlik,gaan,nommer,vereistes,behels,loon,onder,deur,besonderhede,gemeenskap,weer,leier,ontken,voer,samesprekinge,vervang,buitelanders,lange,plaas,naby,distrik,datum,skrywer,boeke,gerus,geskiedenis

Blogger Labels: Oktober,Gebeure,Here,XVII,Riebeeck,Suid,Afrikaanse,Kollege,Kaapstad,Universiteit,Skool,Fingoland,word,Kaap,Kaptein,Matthew,Blyth,Hoof,Magistraat,Transkei,Fingo,Mfengu,Bantu,Klub,Johannesburg,Dorpsraad,Beresford,Plein,Dublin,Engeland,Zuid,Afrikaansche,Republiek,Generaal,Maxwell,Transvaal,Afrika,Maitland,Rhodesië,Smuts,Rykskonferensie,Londen,Transvaler,Verwoerd,Departement,Sosiale,Welsyn,Nasionale,Kongres,Bloemfontein,Walter,Sisulu,Orlando,Lillian,Ngoyi,Rusland,Lugdiens,Europa,Frankryk,Arbeidsverhoudinge,Loonwet,tree,Wysigingswet,Verslag,Ouers,Gevangenes,Ondersteunings,Komitee,September,Kinross,Weermag,Bantustan,president,George,Matanzima,Joaquim,Chissano,Mosambiek,Verenigde,Nasies,Holomisa,Frederik,Willem,Klerk,Senior,Broederbond,Thabo,Mbeki,Polisie,Hoofman,Sabata,Dalinyebo,self,Zambië,Immigrante,Telkom,Beperk,Toegevoegde,Waarde,Value,Algemene,Verkoop,General,Geboorte,Sterfte,Swaziland,Inkatha,Konstitusionele,Nigerië,Indiese,Eerste,Manmohan,Singh,Durban,Kingsmead,Krieketstadion,Satyagraha,Mahatma,Gandhi,Satyahraha,Geboortes,Stephanus,Johannes,Paulus,Kruger,Bulhoek,Steynsberg,Cradock,Hoewel,Zoutpansdrif,Venterstad,Pixley,KaIsaka,Seme,Natal,Thekisho,Plaatje,Boshof,Oranje,Vrystaat,Albert,Jurie,Wessels,Toyota,Motormaatskappy,Professor,Petrus,Nienaber,Fauresmith,Christiaan,Chris,Engelbertus,Lamprecht,Cornelius,Corrie,Gerhardus,Cindy,Nell,Sterftes,Stuur,Teken,Volg,Twitter,Sales,maak,gehou,gestig,mense,neem,deel,protes,drie,woon,twee,moontlik,gaan,nommer,vereistes,behels,loon,onder,deur,besonderhede,gemeenskap,weer,leier,ontken,voer,samesprekinge,vervang,buitelanders,lange,plaas,naby,distrik,datum,skrywer,boeke,gerus,geskiedenis

No comments:

Post a Comment