Tuesday, 23 August 2011

23 Augustus

Gebeure

1661 – Die Here Sewentien beveel Jan van Riebeeck om die toekennings van plase aan die Kaap te beperk.

1862 – Die heel eerste Rugby wedstryd vind plaas by die Groenpunt-meent, Kaapstad tussen ‘n militêre siviele militere en burgelike span plaas.

1992 – Wilhelm Verwoerd, kleinseun van voormalige Eerste Minister van Suid-Afrika, Hendrik Verwoerd word lid van die ANC.

1993 – Die Motsuenyane Kommissie vind die ANC skuldig aan marteling in hulle opleidings kampe in Angola, Zambië en Tanzanië.

2006 – Die Simelela Rape Survivors Centre in Kaapstad maak ‘n verslag bekend waarin hulle beweer dat amper die helfte van die verkragtings in Khayelitsha meisies onder die ouderdom van 14 betrek. Die jongste word bevind is 1 en die oudste 76. Gemiddeld 2 tot drie gevalle per dag.

Geboortes

1894 – James Arnold (Jimmy) la Guma, politieke aktivis en vakbondsman in Bloemfontein

Sterftes

1936 – Sir Thomas Cullinan, stigter van die Premier Myn in Johannesburg.

1938 – Beauclerk Upington, advokaat, politikus en President van die “African Football Association” in Kaapstad in armlastige omstandighede.

1987 – Caiphus Nyoka, studente aktivis work deur die polisie geskiet in Daveyton, nou Ekhuruleni.

 

Stuur asseblieg die e-pos na al jou vriende en kennise.  Teken gerus in op die blog en help my om ons geskiedenis behoue te hou.                   

Het ek dalk iets gemis op vandag se datum?  Stuur vir my die besonderhede, ek sal graag dit byvoeg.                   

Volg gerus my Twitter rekening waar ek internationale geskiedenis brokkies ook deel: @ludibotha.                   

Ek soek ook altyd na ou geskiedenis boeke en ou geskiedenis skool handboeke.  As enigeen kan help, laat my weet.

No comments:

Post a Comment