Saturday, 27 August 2011

27 Augustus

Gebeure

1824 – Port Natal word deur Francis Farewell, ’n afgetrede Britse vlootoffisier, tot Britse gebied verklaar.

1855 – Jacobus Nicolaas Boshoff word ingehuldig as die tweede Staatspresident van die Oranje-Vrystaat.

1888 – Die Jane loop op die rotse by Matjiesrivier naby Port Elizabeth onderweg na Indië.

1899 – ’n Groot skare kom in Foster Place, Dublin bymekaar in ’n pro-Boere betoging.

1900 – Slag van Bergendal in die Anglo-Boereoorlog. Generaal Buller verslaan Generaal Botha.

1901 – Onder krygswet word die koerant Imvo Zabantsundu van John Tengo Jabavu verbied.

1950 – Suid-Afrika se aanbod om ’n eskader vegvliegtuie na Korea te stuur word deur Amerika aanvaar.

1962 – Die Stadskounurg in Johannesburg word ingewy met Jacques Offenbach se vertaalde opera, Die Verhale.

1968 – Basil d’Oliveira word deur die Suid-Afrikaanse regering toegang tot die land geweier en word gevolglik weggelaat uit die MCC-span.

1982 – Walvisbaai word tot kiesafdeling verklaar deur die Suid-Afrikaanse regering.

1986 – Protes aksie breek uit in Soweto oor uitsettings.

1988 – Polisie onderbreek ’n inwoners vergadering in Ciskei waar hulle die inkorporering van Peelton in Ciskei bespreek.

1990 – Daar word voorgestel dat ’n nuwe konstitusie geskryf moet word deur Gerrit Viljoen.

1992 – Oudbevelvoerder van die Simonstad Vlootbasis word skuldig bevind dat hy vir die Sowjetunie spioenasiewerk gedoen het en word gevolglik na Switserland deporteer.

Geboortes

1878 – Joseph Johannes (Jopie) Fourie, rebelleleier en verkenner naby Pretoria.

1916 – Terence Anthony (Tony) Harris, Suid-Afrikaanse krieketspeler in Plettenberg Baai.

1928 – Mangosuthu Gatsha Buthelezi, voormalige Minister van Binnelandse sake en leier van die Inkatha-Vryheidsparty (IVP) in Mahlabathini, KwaZulu-Natal.

1947 – Gavin Pattison Pfuhl, Suid-Afrikaanse krieketspeler in Mowbray, Kaapstad.

Sterftes

1851 – Dr. John Philip, kontroversiële sendeling in Fife, Skotland.

1919 – Generaal Louis Botha, voormalige Eerste minister van die Unie van Suid-Afrika in Pretoria.

1965 – Gerald Bond, Suid-Afrikaanse krieketspeler in Kaapstad.

 

Stuur asseblieg die e-pos na al jou vriende en kennise.  Teken gerus in op die blog en help my om ons geskiedenis behoue te hou.                   

Het ek dalk iets gemis op vandag se datum?  Stuur vir my die besonderhede, ek sal graag dit byvoeg.                   

Volg gerus my Twitter rekening waar ek internationale geskiedenis brokkies ook deel: @ludibotha.                   

Ek soek ook altyd na ou geskiedenis boeke en ou geskiedenis skool handboeke.  As enigeen kan help, laat my weet.

No comments:

Post a Comment