Wednesday, 24 August 2011

24 Augustus

Gebeure

1896 – Die eerste erwe word verkoop in Mayfair aan die Wesrand.

1960 – Suid-Afrikaanse Polisie Kommissaris, Luitenant Generaal H.J. du Plooy neem stappe teen polisiemag lede wat die woord “Kaffir” gebruik.

1962 - ‘n Suid-Afrikaanse afvaardiging by die Verenigde Nasies hoofkantoor in New York versoek die Sekretaris Generaal U Than tom die vrylating van Nelson Mandela te probeer bewerkstellig

1978 – Eersste Minister B.J. (John) Vorster kondig aan dat beheer van die Buroo van Nasionale en Internasionale Kommunikasie vanaf 1 September 1978 na die Departement van Buitelandse Sake sal verskuif.

1990 – Noodtoestande word aangekondig in 27 informele nedersettings in die Vaal Driehoek.

1998 – Die verhoor van Dr Allan Boesak begin. Hy staar klagte van Diefstal en bedrog in die gesig.

 

Geboortes

1909 – Ronald Eustace Grieveson, Suid-Afrikaanse krieket speler in Johannesburg.

1959 – Adrian Paul Kuipel, Suid-Afrikaanse krieket speler in Johannesburg.

1960 – Geraldine Fraser-Moleketi, voormalige Minister van Welsyn en Bevolkingsontwikkeling in Lansdowne, Kaapstad.

 

Sterftes

1958 – Johannes (John) Gerhardus Strijdom, voormalige Eerste Minister van Suid-Afrika in Kaapstad.

 

 

Stuur asseblieg die e-pos na al jou vriende en kennise.  Teken gerus in op die blog en help my om ons geskiedenis behoue te hou.                   

Het ek dalk iets gemis op vandag se datum?  Stuur vir my die besonderhede, ek sal graag dit byvoeg.                   

Volg gerus my Twitter rekening waar ek internationale geskiedenis brokkies ook deel: @ludibotha.                   

Ek soek ook altyd na ou geskiedenis boeke en ou geskiedenis skool handboeke.  As enigeen kan help, laat my weet.

No comments:

Post a Comment