Tuesday, 30 August 2011

30 Augustus

Gebeure

1882 – Die London Times besing die lof van Koning Sekhukhune van die Marota Ryk / Bapedi Koninkryk in ’n artikel. Hulle noem hom ’n brawe leier in ’n bloeddorstige tyd in Suid-Afrika.

1888 – Die Rosebud, op pad na Londen van Calcutta af strand by Diaz Strand, Mosselbaai.

1900 – Generaal Ben Viljoen en sy boere mag laat die om en by 2000 laaste Britse krygsgevangenes by Nooitgedagt vry.

1950 – Daar word ses lede, almal van die Nasionale Party (NP) tot die Volksraad verkies uit Suidwes-Afrika.

1963 – Eerste minister H. F. Verwoerd kondig aanvoor die Hooggeregshof in Kaapstad dat Dr. Kennith Abrahams en drie ander “South West African People’s Organization” (SWAPO) goedgesindes, Hannes Beukes inkluis, terug besorg sal word aan die Bechuanaland Protektoraat, nou Botswana.

1979 – Dr. Connie Mulder word vrygespreek en ontslaan van klagtes van minagting.

1988 – Suid-Afrikaanse troepe onttrek aan Angola.

1988 – Die omstrede Groepsgebiedewet kom onder kruisvuur deur President Pieter Willem (P. W.) Botha wat opdrag gee dat die Raad van Afgevaardigdes en die Raad van Verteenwoordigers voor 17 Oktober van die jaar tot stemming moet kom.

1993 – Ekonomiese sanksies teen Suid-Afrika word deur die Organisasie vir Afrika-eenheid opgehef.

Geboortes

1910 – Roger Joyce Bushnell, Suid-Afrikaanse RAF offisier en oorlogs gevangene in Springs.

1943 – Bonsile John Kani, akteur in New Brighton.

1962 – Nataniël le Roux (Nataniël), kabaretkunstenaar.

1966 – John Moeti, sokkerspeler in Soweto.

1971 – Maluzi Gigaba, voormalige ANC-Jeugleier en jongste voormalige kabinet minister van Binnelandse Sake in Eshowe, Natal.

Sterftes

 

 

Stuur asseblieg die e-pos na al jou vriende en kennise.  Teken gerus in op die blog en help my om ons geskiedenis behoue te hou.                   

Het ek dalk iets gemis op vandag se datum?  Stuur vir my die besonderhede, ek sal graag dit byvoeg.                   

Volg gerus my Twitter rekening waar ek internationale geskiedenis brokkies ook deel: @ludibotha.                   

Ek soek ook altyd na ou geskiedenis boeke en ou geskiedenis skool handboeke.  As enigeen kan help, laat my weet.

No comments:

Post a Comment