Monday, 29 August 2011

29 Augustus

Gebeure

1688 – Die Here Sewentien laat die predikant, Pierre Simond toe om aan te sluit by die Hugenote aan die Kaap.

1848 – Die Britse Goewerneur, Sir Harry Smith en sy Britse mag verslaan Andries Pretorius en sy Voortrekkers by die Slag van Boomplaats.

1900 – Die Hoeksteen word gelê van die Stadsaal van Kaapstad deur Burgemeester Thomas Ball. Die Stadsaal is ontwerp deur Johannesburgse argitekte Reid en Green.

1901 – Lord Kitchener se versoek om krygswet oor die Kaapse Hawens af te kondig word deur die Kaapse Kabinet geweier.

1917 – Die Helpmekaarfonds word deur J. E. (Oom Japie Helpmekaar) de Villiers van die Paarl aan die lewe geroep. Hy doen dit deur ’n brief te skryf aan Die Burger (wat op 3 September verskyn) en beloof R500,00.

1976 – Eerste minister Balthazar Johannes (John) Vorster erken in ’n toespraak dat Suid-Afrika ekonomiese en internasionale probleme het maar dat dit nie ’n krisis is nie.

1987 – ’n Suid-Afrikaanse renperd word weens anti-apartheid druk op die Nieu-Seelandse regering gedeporteer.

1988 – Studente aan die Universiteit van Durban-Westville boikot lesings en die wat wel opdaag vir lesings gaan gewapen. Dit was as gevolg van spanning tussen die “Azanian Students Movement” (AZASM) en die Studenteraad wat hoofsaaklik “South African National Students Congress” (SANSCO) lede was.

1994 – Suid-Afrika word ’n lid van die “Southern African Development Community” (SADC).

Geboortes

1795 – Dr., Abraham Fauré, stigter van Die Kerkbode in Stellenbosch.

1904 – Ernst Mancoba, kunstenaar in Turffontein.

1964 – Steve Hofmeyr, sanger, akteur en televisie persoonlikheid in Pretoria.

Sterftes

 

Stuur asseblieg die e-pos na al jou vriende en kennise.  Teken gerus in op die blog en help my om ons geskiedenis behoue te hou.                   

Het ek dalk iets gemis op vandag se datum?  Stuur vir my die besonderhede, ek sal graag dit byvoeg.                   

Volg gerus my Twitter rekening waar ek internationale geskiedenis brokkies ook deel: @ludibotha.                   

Ek soek ook altyd na ou geskiedenis boeke en ou geskiedenis skool handboeke.  As enigeen kan help, laat my weet.

No comments:

Post a Comment