Friday, 26 August 2011

26 Augustus

Gebeure

1879 – Die Spoorlyn tussen Graaff-Reinet en Port Elizabeth word voltooi.

1914 – Die Transvaal tak van die Nasionale Party (NP) word gestig deur James Barry Munnik (J.B.M.) Hertzog, latere Eerste Minister van die Unie van Suid Afrika in Erasmus Huis in Pretoria.

1929 – Majoor Allister Mackintosh Miller word ‘n regerings subsidie toegestaan wat Suid Afrika se eerste kommersiële lugdiens, “Union Airways Company (PTY)” die lig laat sien. Die eerste vlug tussen Maitland en Port Elizabeth vertrek met vyf sakke pos.

1933 – Die Bybel verskyn vir die eerste keer in Afrikaans.

1960 – ‘n Noodtoestand word afgekondig, die eerste van sy sort, na die Sharpeville Slagting.

1961 – Anderson Khumani Ganvile, ‘n Pondo leier en vlugteling in Basutoland word ontvoer deur ses Suid-Afrikaanse polisiemanne en in die Transkei gevange gehou.

1970 – Joseph Honeywill van Johannesburg word deur ‘n lynboot, die SA Vaal gered, 11 uur nah y oorboord geval het.

1985 – Zola Budd breek die 500 meter wêreld rekord by Crystal Palace in Engeland met meer as 10 sekondes. Dit doen sy boonop kaalvoet.

1990 – Cyril Ramaphosa en James Motlatsi en 59 vakbondlede word in Newcastle, Natal arresteer op klagte dat hulle ‘n onwettige optog in die stad gelei het gedurende ‘n staking.

1996 – Voormalige Polisie Kolonel Eugene de Kock word skuldig bevind op ses aanklagte van moord by sy eenheid C10 by Vlakplaas buite Pretoria.

1997 – President Frederik Willem (F.W.) de Klerk kondig sy aftrede as leier van die Nasionale Party (NP) aan.

1999 – Penny Heyns stel ‘n wêreldrekord op vir borsslag in Sydney. Dit is haar sesde rekord in 3 weke.

Geboortes

1874 – Christiaan Andries van Niekerk, Boere Kommandant en president van die Senaat op plaas Vegkop, Heilbron.

1909 – Eric Quail Davies, Suid-Afrikaanse krieketspeler in King William’s Town.

1947 – Donald W. Riekert, digter in Afrikaans

1958 – Mohammed Igbal Shaik, politieke aktivis en lid van “Umkhonto we Sizwe” (MK) in Vrededorp, Johannesburg.

1970 – Brett Nolan Schultz, Suid-Afrikaanse krieketspeler in Oos Londen.

1977 – Gareth Cliff, omroeper en televisie aanbieder in Arcadia, Pretoria.

1978 – Hestrie Cloete-Storbeck, Suid-Afrikaanse atleet en hoogspring rekordhouer in Germiston.

Sterftes

 

Stuur asseblieg die e-pos na al jou vriende en kennise.  Teken gerus in op die blog en help my om ons geskiedenis behoue te hou.                   

Het ek dalk iets gemis op vandag se datum?  Stuur vir my die besonderhede, ek sal graag dit byvoeg.                   

Volg gerus my Twitter rekening waar ek internationale geskiedenis brokkies ook deel: @ludibotha.                   

Ek soek ook altyd na ou geskiedenis boeke en ou geskiedenis skool handboeke.  As enigeen kan help, laat my weet.

No comments:

Post a Comment