Wednesday, 02 January 2019

2 Januarie

2 Januarie

Gebeure
1666 – Die vier hoekstene van die Kasteel de Goede Hoop word in die Kaap gelê.
1837 - Voortrekker leiers Andries Hendrik Potgieter and Gerrit (Gert) Maritz vertrek om Mzilikazi te gaan straf vir hulle ongevraagde aanval op die voortrekkers by Vechtkop (Vegkop) net noord van die hedendaagse Edenville.
1896 – Slag van Doornkop.  Die boere verslaan Dr. Jameson se troepe.
1968  - Dr Christiaan Neethling Barnard (Chris) doen die tweede hart oorplanting by Grootte Schuur Hospitaal.

Geboortes
1950 - Richard Mzamane Mabaso, kunstenaar in Alexandra Johannesburg.
1967 – Francois Pienaar, voormalige  Springbok rugby kaptein in Vereniging.

Sterftes

1985 - Moses Madiba sterf in Seshego.

Stuur asseblief die skakel/e-pos na al jou vriende en kennise. Teken gerus in op die blog en help my om ons geskiedenis behoue te hou. Het ek dalk iets gemis op vandag se datum? Stuur vir my die besonderhede, ek sal graag dit byvoeg. Volg gerus my Twitter rekening waar ek internationale geskiedenis brokkies ook deel: @ludibotha. Ek soek ook altyd na ou geskiedenis boeke en ou geskiedenis skool handboeke. As enigeen kan help, laat my weet.

No comments:

Post a Comment