Wednesday, 20 January 2016

20 Januarie

20 Januarie

Gebeure

1697 - Die bekende seerower William Kidd word volgens oorlewering gewaar waar hy om Kaappunt vaar.
1835 - Twaalf duisend Xhosa krygers oorval burgers in die oostelike Kaap distrikte.  Hulle vermoor die mans maar spaar die vroue en kinders.
1879 - Britse troepe vestig hulle kamp teen die hange van Isandlwana heuwel gedurende die Anglo-Zulu oorlog.
1939 - Goodhouse in die Kaap Provinsie teken die hoogste temperatuur tot nog toe aan.  Die temperatuur was 47 grade celcius.  Die rekord sou eers in die jaar 2000 breek.
1960 – Hendrik Verwoerd kondig 'n referendum aan om te besluit of Suid Afrika 'n Republiek moet word.
1971 - Die Ruth Prowse Kuns Sentrum maak sy deure vir die eerske keer oop.
1981 - Die Minister van Binnelandse Sake keur die Argus Printing & Publishing Company se aansoek af om hulle koerante te publiseer op grond van hulle revolusionêre inhoud wat lesers opsweep.
1987 - Die Margo Komissie se eerste verhore begin.
1986 - Aardsbiskop Desmond Tutu ontvang die Martin Luther King Jnr vredes toekennig vir sy bydra tot die stryd teen Apartheid.
1990 - Generaal Lothar Neethling dagvaar die Vrye Weekblad en die Weekly Mail vir R1,5 miljoen.  Die Vrye Weekblad het gevolglik gesluit.

Geboortes

1934 - Hennie Aucamp, digter, skrywer en akademikus.
1977 - Paul Adams, krieket speler.

Sterftes
2005 - Thomas Mandlenkosi (Mshengu) Shabalala, Inkata Vryheids Vergters Nasionale Raadslid word voor sy huis in Lindlelani se distrik C bekend as eMadamini naby KwaMashu tereggestel.

Stuur asseblief die skakel/e-pos na al jou vriende en kennise. Teken gerus in op die blog en help my om ons geskiedenis behoue te hou. Het ek dalk iets gemis op vandag se datum? Stuur vir my die besonderhede, ek sal graag dit byvoeg. Volg gerus my Twitter rekening waar ek internationale geskiedenis brokkies ook deel: @ludibotha. Ek soek ook altyd na ou geskiedenis boeke en ou geskiedenis skool handboeke. As enigeen kan help, laat my weet.

No comments:

Post a Comment