Tuesday, 19 January 2016

19 Januarie

19 Januarie

Gebeure

1806 – Brittanje beset die Nederlands Kaap Kolonie na die Slag van Blaauwberg.
1984 - Die Stander bende beroof drie banke in sentraal Johannesburg in minder as 'n uur.
1949 - Die Kommissie op Moedertaal Onderrig word aangestel.
1973 - Suid Afrikaanse Eerste Minister, J.B. Vorster beloof om terrorisme te beveg.
1983 - Hoofman Mangosuthu Buthelezi van KwaZulu ontmoet President Kaizer Matazime van Transkei in Tongaat, noord van Durban waar hulle voorstelle teenstaan wat swartes uitsluit.
1989 - Chris Heunes word aangewys deur President P.W. Botha as waarnemende president na President P.W. Botha 'n ligte beroerte gehad het die vorige dag.
1990 - Die Polisie moet betogings teen 'n Engelse Krieket toerspan in Suid Afrika opbreek.
1999 - Colin Chauke word naby Nelspruit gearresteer by 'n padblokkade.  Hy word gesoek vir 'n R12,6 miljoen SBV kontant depot roof in Pretoria in Oktober 1997.
1999 - 'n Verwoestende storm tref Mount Ailiff in die Oos Kaap.
1999 - Die Samora Machel monument word onthul by Mbuzini in Mpumalanga.
2001 - Robert Hunter, 'n Johannesburg gebore professionele padfietsryer word die eerste Suid Afrikaner om die Tour de France te voltooi.

Geboortes

1940 - Barend du Plessis, voormalige minister van finansies in Johannesburg.
1940 - Maria Mary Burton, voormalige nasionale voorsitter van die groep "Black Sash" in Buenos Aires, Argentinie.

Sterftes
1932 - Sol Plaatje, sterf aan lomgontsteking by Pimville in Johannesburg.
2005 - K. Sello Duiker, Suid Afrikaanse skrywer.

Stuur asseblief die skakel/e-pos na al jou vriende en kennise. Teken gerus in op die blog en help my om ons geskiedenis behoue te hou. Het ek dalk iets gemis op vandag se datum? Stuur vir my die besonderhede, ek sal graag dit byvoeg. Volg gerus my Twitter rekening waar ek internationale geskiedenis brokkies ook deel: @ludibotha. Ek soek ook altyd na ou geskiedenis boeke en ou geskiedenis skool handboeke. As enigeen kan help, laat my weet.

No comments:

Post a Comment